Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » voornaamwoord
voornaamwoord [boodskap #126597] Wo, 12 Junie 2019 18:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
voornaamwoord
Afbreking: voor•naam•woord
Samestelling: voor (outydse "vir") + naamwoord
Uitspraak: /ˈfuə̯rnɑːmvuə̯rt/




Selfstandige naamwoord: voornaamwoord
Meervoud: voornaamwoorde
Verkleinwoord: voornaamwoordjie
Meervoud van verkleining: voornaamwoordjies

Betekenis:
• 'n Woord wat in die plek van 'n persoon of ding gebruik word sonder om dit spesifiek te noem.

Gebruik:
• In die sinne: "Jan is my broer. Hy hou van fietsry", is "hy" 'n voornaamwoord wat na Jan verwys.
• Die volgende woorde is almal voornaamwoorde: ek, jy, sy, hy, ons, my, dit, ensovoorts.

Afkorting:
• vnw.

Sinoniem:
• pronomen

Afgelei:
• voornaamwoordelik

Vertaling:
Engels: pronoun
Nederlands: voornaamwoord

Nota:
• 'n Voornaamwoord dien as plekhouer of plaasvervanger vir 'n selfstandige naamwoord.
• 'n Voornaamwoord kan 'n persoonlike, onpersoonlike, besitlike, betreklike, vraende of 'n onbepaalde voornaamwoord wees.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: leeu
Volgende onderwerp: woordafbreking
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 22:32:02 MGT 2024