Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » afkorting
afkorting [boodskap #126576] Wo, 12 Junie 2019 09:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19138
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
afkorting
Afbreking: af•kor•ting
Uitspraak: /ˈɑfkortəŋ/




Selfstandige naamwoord: afkorting
Meervoud: afkortings, afkortinge
Verkleinwoord: afkortinkie
Meervoud van verkleining: afkortinkies

Betekenis:
• Verkorte vorm van 'n geskrewe woord of uitdrukking, sodat 'n mens dit vinniger en makliker kan skryf.

Gebruik:
• Die afkorting vir asseblief is asb.

Spreekwoord:
• Op afkorting betaal. [Ter gedeeltelike afbetaling.]

Afgelei:
• afkortingsteken

Afkorting:
• afk.

Vertaling:
Engels: abbreviation, abridg(e)ment, shortening
Nederlands: afkorting

Nota:
• As 'n mens 'n afkorting lees (anders as by 'n akroniem), word dit vol uitgespreek.
• Punte word by meeste kleinletterafkortings gebruik (met die uitsondering van metrieke eenhede).
• Moenie 'n sin met 'n afkorting begin nie, behalwe as dit deel is van 'n titel, bv. Mnr., Mev. of Dr.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: enkelvoud
Volgende onderwerp: verkleinwoord
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 30 17:55:28 MGT 2024