Tuis » Ernstig » Ekonomie & geldsake » Banke ens.
Banke ens. [boodskap #6401 is 'n antwoord op boodskap #6402] |
Vr, 03 Mei 1996 00:00 |
Jan Lange
Boodskappe: 4 Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Hier is 'n paar opmerkings oor geld, geld skepping, inflasie, en die
wisselkoerse van geld.
Die geldskeppingsrol van die Reserwe Bank moet nie verwar word met die
druk van Randnote en die munt van munte nie. In enige moderne ekonomie
vorm note en munte 'n onbenullige klein deeltjie van die geld in omloop.
Banke het in die dae van die goudsmede al agtergekom dat al hulle kliente
nie op die selfde tyd hulle gedeponeerde geld onttrek nie.
'n Bank kan vir kliente meer voorskied as wat by hulle gedeponeer is.
Die bank verdien rente deur ander mense se geld uit te leen. As almal
wat geld gedeponeer het gelyk hulle geld sou
wou onttrek, (soos soms wel gebeur het) sal die bank in die moeilikheid
wees. 'n Handelsbank wat net soveel uitleen as wat by hom gedeponeer is,
sal baie min geld maak. As 'n bank te veel uitleen, loop die bank gevaar
van ' n "run". Omdat handelsbanke hoofsaaklik met ander mense se geld
werk, leen hulle net geld uit op 'n min of meer risiko vrye basis; net
aan mense of ondernemings wat "nie werklik 'n lening nodig het nie" (dws.
die klient moet baie bates he waarop hulle kan beslag le as terugbetaling
nie betyds plaas vind nie). Die heel veiligste klient om aan te leen is
gewoonlik 'n land se sentrale regering. Die wyse waarop die regering leen
is deur skuldbriewe op 'n tenderbasis te floteer. Handelsbanke is groot
kopers van hie rdie skuldbriewe (omdat hulle 'n goeie rente teen geen of
weinig risiko verdien). Die regering sal altyd die rentekoers betaal wat
dit neem om die geld te kry wat hulle wil bestee om mee "stemme te koop").
Om die publiek te beskerm is daar sedert die eerste dekade van hierdie
eeu, 'n sentrale bank in elke Westerse land. Die sentralebanke is deur
die sentrale regerings verandwoordelik gemaak vir monetere beleid.
onetere beleid is veronderstel om daarop gerig te wees om 'n land se
geldeenheid se binnelanse waarde en wisselkoers te "handhaaf". In die
oudae was dit redelik maklik. Handelsbanke is wetlik verplig om vir elke
R1 000 wat hulle uitleen, 'n sekere bedrag by die sentrale bank te
deponeer Op hierdie "reserwes" het hulle nie rente verdien nie. Deur die
persentasie "reserwes" te verhoog, kon die sentrale bank die hoeveelheid
geld in "omloop" aansienlik en vinnig laat krimp. Indien die vraag na
geld (deur die handel en huishoudings) konsta nt bly terwyl die aanbod van
geld (deur die handelsbanke) daal as gevolg van 'n verhoogde reserwe
vereiste, styg die prys van geld; dws. die rentekoers. Vandag gebruik
sentrale banke nie dikwels veranderinge in die persentasie reserwes nie.
Beheer oor
die hoeveelheid geld in omloop word uitgeoefen deur sg. opemark
transaksies. Sentrale banke koop regeringskuldbriewe van handelsbanke
waneer hulle geld in omloop meer wil maak en rente koerse wil laat sak (om
die ekonomie te stimuleer). Of die sentrale
bank bied aan banke regeringskuldbriewe aan teen baie gunstige pryse
(waneer hulle geld uit die ekonomie wil onttrek en rentekoerse laat styg).
'n Sentrale bank koop nooit, maar nooit "nuwe" suldbriewe direk van die
regering nie!
Is die mense by die Suid Afrikaanse Reserwe bank goed? Tot baie onlangs
was aan elke sakeskool in die VSA 'n boek voorgeskryf met die naam
"Central Banking"; die skrywer was Gerhard de Kok se pa, wat aan Harvard
gestudeer het. Gerhard de Kok was op sy
beurt net op die regte tyd by Harvard om aan die "voete te sit" van die
mense wat die hele snetrale bankwese begrip bedink en verstaan het. Tot
die vroee 70er jare het Gerhard ook as 'n visi presidente van die IMF in
Washington diens gedoen. Chris Sta ls was op sy beurt 'n student van
Gerhard, en vir baie jare 'n kolega. Die Suid Afrikaanse Reserwebank het
natuurlik die bemarking van goud gehanteer vir die wereld se belangrikste
goud produserende land. In die dae van die goudstandaart was dit belangr
ik.
In 1972(?) was Nixon verplig om die Dollar finaal van goud te ontkoppel.
(Die einde van die Brettonwoods ooreenkoms in terme waarvan geldeendede se
waarde gedefinieer was in terme van 'n ons fyn goud. Wisselkoerse in
terme van goud kon slegs met die to estemming van die Internasionale
onetere Fonds verander word.) Na 1972 was wisselkoerse veronderstel om op
die wereldmark deur vraag en aanbod bepaal te word. Ekonome soos Milton
Friedman het almal verseker die koerse sou gou stabiliseer; ons wag nog.
Milton het tereg destyds gemeen dat die vraag en aanbod van buitelandse
valuta bebaal word deur handels en beleggings behoeftes. Vandag is die
wereld se valuta mark 'n blote "casino". Die daaglikse vloei van geld
tussen lande is drie jaar gelede ge raam op $650 biljoen. Van die bedrag
het minder as 10 persent enige iets te make met handel of belegging! 'n
Paar jaar gelede het 'n ou met 'n PC in New York so'n spekulasie teen die
New Zeelandse reserwebank aan die gang gesit, dat hulle betaalmiddel v ir
'n week van die mark onttrek moes word. Uitlatings van twee-tand Suid
Afrikaanse politici speel nie veel van 'n rol nie in die mark nie; om die
waarheid te se, dit word nie eers baie wyd geraporteer nie. Wat in PW se
tyd gebeur het was dat 'n pub likasie in England daarop gewys het dat die
kort-termyn (3 maande) leningsverpligtinge van Suid Afrika meer is as die
waarde van 3 jaar se uitvoere. Wat dit beteken het was dat as sommige van
die buitelandse banke nie hulle lenings aan Suid Afrika outom aties
verleng nie, gaan 'n paar banke lank wag vir hulle geld! Die
onvergeeflike toestand het ontstaan omdat iemand op Kerkplein aan die
slaap was.
Wat kan die Suid Afrikaanse Reserwe bank vandag doen om die Rand se
wisselkoers te handhaaf? Na my beskeie mening nie veel nie. So'n paar
weke gelede het die Bank van Japan probeer om 'n verstelling aan die
waarde van die Yen te maak. Hulle het op die bepaalde dag met Dollars uit
hulle groot buitelandse valuta reserwes $25 biljoen se Yen gekoop. Hulle
is bygestaan deur die "mighty" Federal Reserve van die VSA wat 'n verdere
$16 bijoen se Yen gekoop het. Teen die einde van die dag was die Yen laer
as aan die begin van die handelsdag! As die tweetjies dit nie kan doen
nie, moet niemand ernstig verwag dat Stals en Kie dit kan doen nie.
My raad, vir wat dit werd is. Suid Afrika moet ophou om Duitsland na te
volg met hulle uitgediende beheptheid met hulle stryd teen inflasie.
Hulle het meer as 12 % werkloosheid en belastings en vakbonde wat
nywerhede laat vlug. Suid Afrika sal beter doen om by Taiwan en Chile
kers op te steek.
Jan Lange
--
|
|
|
Re: Banke ens. [boodskap #6402 is 'n antwoord op boodskap #6401] |
Vr, 03 Mei 1996 00:00 |
Frank Snyckers
Boodskappe: 68 Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Na aanleiding van Jan Lange se waardevolle bydrae omtrent die rol van die
Reserwe Bank, en die gesprek oor sodanige rol wat elke nou en dan op die
poslys borrel, het ek gedink iemand sou die volgende brokkie miskien
interessant vind.
Die Natalse Hooggeregshof moes in 1993* besluit of die Reserwebank
hoegenaamd 'n bank was. Of dan, of dit 'n bank was vir die doeleindes van
s81(1) van die Wisselwet. Die vraag was of die Reserwebank (RB) as
"bankier" optree wanneer dit tjeks namens die staat uitbetaal. Ongelukkig
was die antwoord nie deurslaggewend nie, want die betrokke partye het
toegegee dat die RB as "bankier" GEAG word, in terme van 'n ander seksie
van die Wisselwet (s82), en dat die RB vir praktiese doeleindes as
"bankier" opgetree het toe dit die staat se tjeks uitbetaal het. Die
dicta van Meskin AJ in die verband werp interessante lig op die rol van
die RB teenoor die staat as kli"ent:
In my opinion, it is irrelevant that the Bank was not a banking
institution as envisaged by the (now repealed) Act [1965 Bankwet] or is
not a deposit-taking institution within the meaning of the [1990
Deposit-taking Institutions Act]
(indeed, in terms of s2 of such Act, its provisions ordinarily have no
application to the Bank). The question is whether the Bank was a banker,
within the meaning of s 81(1)... when it paid the cheques....
[Weens die seksies wat die Bank as "bankier" vir huidige doeleindes ag]...
the intention was to deem the Bank for all purposes ... to be a banker...
ie a body of persons, corporate or unincorporate, carrying on the
business of banking (even if in fact it was not such) and the
relationship between the Bank and the State to be the relationship of
Bank and customer as ordinarily understood in the laws of banking and
bills of exchange.
I should indicate that it is clear on the evidence that the plaintiff
[die staat] habitually draws cheques on the Bank and the Bank honours
them (indeed, that as between them the scale upon which cheques are drawn
and paid is gigantic). It appears, accordingly, that it was proved that
as between the plaintiff and the Bank their relationship has, and had at
all material times, a feature which is one of the prime features of
banking business within the ordinary meaning of this expression, namely
the payment by the banker of moneys on cheques drawn on him by his
customer.... It was not proved, however, that the Bank conducts current
accounts or collects cheques for customers and it may be that, unless it
does, its business is not a banking business within the ordinary meaning
of this expression... In this situation, I consider that one must decide
this case only on the footing that the Bank is to be DEEMED to be a
banker and the State is to be DEEMED to be its customer.
But, as I have indicated, in my opinion the Legislature intends that what
is to be deemed to exist is the relationship between banker and customer
as ordinarily understood in the laws of banking and bills of exchange....
* THE GODFATHER v COMMISSIONER FOR INLAND REVENUE 1993 (2) SA 426 (N) at 432.
Dit was nogal 'n mondvol.
Groete,
Frank.
|
|
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Sa Nov 16 00:37:37 MGT 2024
|