Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sinoniem
sinoniem [boodskap #126562] Di, 11 Junie 2019 20:45
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19136
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sinoniem
Afbreking: si•no•niem
Uitspraak: /sənuˈnim/, /sinuˈnim/




Selfstandige naamwoord: sinoniem
Meervoud: sinonieme
Verkleinwoord: sinoniempie
Meervoud van verkleining: sinoniempies

Betekenis:
• 'n Woord wat min of meer dieselfde betekenis as 'n ander woord het.

Gebruik:
• Die woorde "giftig" en "toksies" is sinonieme.
• Sommige leksikograwe is van mening dat geen sinoniem presies dieselfde betekenis as 'n ander woord het nie.
• Alhoewel woorde soms sinonieme is, is die nie vanselfsprekend dat hulle ewe goed op elke plek inpas nie, want die gevoelswaarde en toon kan verskil.

Antoniem:
• antoniem

Afgelei:
• sinoniemwoordeboek

Verwant:
• antoniem
• homofoon
• homoniem
• homograaf
• hiperoniem
• hiponiem
• toponiem
• holoniem
• meroniem

Vertaling:
Engels: synonym
Nederlands: synoniem
Xhosa: isifanokuthi, isithethantonye
Zoeloe: isinonimu

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aangedui
Volgende onderwerp: antoniem
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 30 07:20:27 MGT 2024