Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vloot
vloot [boodskap #126499] Sa, 08 Junie 2019 19:40
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die vernietiging van die Franse vloot op 18 Desember 1793 by Toulon.
Die vernietiging van die Franse vloot op 18 Desember 1793 by Toulon.
vloot
Afbreking: vloot
Uitspraak: /flʊə̯t/




Selfstandige naamwoord: vloot
Meervoud: vlote
Verkleinwoord: vlootjie
Meervoud van verkleining: vlootjies

Betekenis:
• Die skepe wat 'n land se gebiedswaters beskerm en vir oorlogvoering gebruik word.
• 'n Groep voer- of vaartuie (soos skepe, vliegtuie of motorkarre) wat saam hoort.

Gebruik:
• Die Britse vloot het die Frans-Spaanse vloot in 1805 verslaan.
• Die Suid-Afrikaanse Lugdiens het 'n aantal nuwe Boeings by sy vloot gevoeg.

Afgelei:
• handelsvloot
• oorlogsvloot
• vlootbasis

Vertaling:
Engels: fleet, navy
Nederlands: vloot

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: voet
Volgende onderwerp: skrywers
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 22:32:20 MGT 2024