Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » prys
prys [boodskap #126461] Sa, 08 Junie 2019 05:41
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19132
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
prys
Afbreking: prys




Selfstandige naamwoord: prys
Meervoud: pryse
Verkleinwoord: prysie
Meervoud van verkleining: prysies

Betekenis:
• (ekonomie) Hoeveel iets kos; bedrag (meestal in geld) wat vir 'n item of diens betaal word.
• Iets wat jy wen; 'n uitsonderlike beloning, byvoorbeeld vir 'n bepaalde prestasie.

Gebruik:
• Hierdie item het nie 'n prys op nie, dis seker verniet. Die pryse het hierdie jaar sterk gestyg.
• Hy wen die derde prys in die lotery.

Spreekwoord:
• Dis een perd se prys. [Dit kos niks meer aan geld of moeite nie.]
• Hulle sit 'n prys op sy kop. [Beloning aanbied om iemand te vang.]

Hiponiem:
• boekprys
• kaartjieprys
• uitvoerprys

Afgelei:
• prysbeheer
• prysbepaling
• prysbewus
• prysdaling
• prysdeksel
• prysgaping
• prysgeld
• prysgrens
• prysindeks
• prysjagter
• pryskartel

Vertaling:
Engels: price, prize, value, reward
Nederlands: prijs
Xhosa: dumisa


Werkwoord: prys
Verlede tyd: het geprys

Betekenis:
• Die prys bepaal of 'n prys op 'n item aanbring.
• Waardering uitspreek; gunstig praat oor.
• Roem en lof besing.

Gebruik:
• Die goedere op hierdie rak is sonder BTW geprys. Prys dit reg asseblief!
• Sy is lof en prys toegeswaai. Die polisie is vir hul flink optrede geprys.
• Loof en prys die Here.

Spreekwoord:
• Elke dassie prys sy eie kwassie. [Elkeen is trots op sy eie.]
• Elke hond prys sy stert. [Elkeen is geneig om homself te prys.]
• Jakkals prys sy eie stert. [Iemand prys homself.]
• Hy stel dit op prys. [Waardeer iets.]
• Moenie die dag voor die aand prys nie. [Moenie jou te vroeg oor iets verheug nie.]

Sinoniem:
• loof
• roem

Antoniem:
• afkraak

Vertaling:
Engels: to price; to praise, commend, glorify
Nederlands: prijzen
Xhosa: bonga

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sikofant
Volgende onderwerp: bydrae
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 13:41:17 MGT 2024