Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » geel
geel [boodskap #126415] Wo, 05 Junie 2019 20:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19139
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Skakerings van geel.
Skakerings van geel.
geel
Afbreking: geel
Uitspraak: /χɪə̯l/, /χeə̯l/, /χɪə̯l/




Byvoeglike naamwoord: geel
Vergrotende trap: geler
Oortreffende trap: geelste
Attributief: gele
Partitief: geles
Intensief: borriegeel, goudgeel, kanariegeel, kerriegeel, knalgeel, mosterdgeel

Betekenis:
• 'n Kleur wat soos die son lyk; 'n primêre kleur soos die van lig met 'n golflengte van ongeveer 570 - 582 nm.

Gebruik:
• Sy dra 'n mooi geel rokkie.

Spreekwoord:
• Hy het die geel baadjie aan. [Hy is jaloers.]
• Dit word groen en geel voor sy oë. [Duiselig word.]
• Geld wat geel is, maak reg wat skeel is. [Met geld kan 'n mens baie dinge regmaak.]
• Sy verskyn in die geel pers. [Koerant en tydskrifte wat meestal ongegronde sensasieberigte publiseer.]

Vergelyking:
• So geel soos borrie.
• So geel soos goud.

Afgelei:
• geelperske
• geelwortel

Vertaling:
Engels: yellow, yolk
Nederlands: geel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: totdat
Volgende onderwerp: behou
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 30 22:39:36 MGT 2024