Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » regeer
regeer [boodskap #126410] Wo, 05 Junie 2019 15:18
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19136
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
regeer
Afbreking: re•geer




Werkwoord: regeer
Verlede tyd: het regeer
Teenwoordige deelwoord: regerende

Betekenis:
• Die uitoefening van politieke mag deur wette uit te vaardig en organisasies met bepaalde doelwitte in die lewe te roep.

Gebruik:
• Die Nasionale Party (NP) het Suid-Afrika van 1948 tot 1994 regeer.
• 'n Koning is 'n man wat 'n land as gevolg van oorerwing regeer.

Spreekwoord:
• Hy regeer met 'n ystervuis. [Onverbiddelik en wreed.]
• Die hand wat die wieg skommel, regeer die wêreld. [Moeders oefen die grootste invloed op die wêreld uit.]

Sinoniem:
• administreer
• bestuur
• heers

Afgelei:
• regeerder
• regering

Vertaling:
Engels: to rule, govern, reign
Nederlands: regeren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aard
Volgende onderwerp: onderneem
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 30 08:44:36 MGT 2024