Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aard
aard [boodskap #126409] Wo, 05 Junie 2019 15:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aard
Afbreking: aard




Selfstandige naamwoord: aard
Meervoud:
Verkleinwoord: aardjie
Meervoud van verkleining:

Betekenis:
• Hoe iemand optree of hoe iets/iemand is; wese; natuur; karakter; inbors; soort.

Gebruik:
• Uit die aard van die saak, is daar nog baie werk wat voorlê.
• Hy is net so driftig soos sy pa, aardjie na sy vaartjie!

Vertaling:
Engels: nature, disposition, manner
Nederlands: aard


Werkwoord: aard
Verlede tyd: het geaard

Betekenis:
• Soos iets of iemand anders wees; soortgelyke karaktertrekke hê.
• Tuis wees; inpas.
• Met die aarde verbind wees; aardleiding verskaf.

Gebruik:
• Hy aard na sy pa.
• Ek sal nooit op 'n plaas aard nie.
Aard die lugdraad. Het jy die windpomp geaard.

Vertaling:
Engels: to take after; thrive
Nederlands: aarden

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: berg
Volgende onderwerp: regeer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 22:35:30 MGT 2024