Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oor vloedwaters en Stefan Harms.
Oor vloedwaters en Stefan Harms. [boodskap #9103] |
Sa, 19 April 1997 00:00 |
Izak Bouwer
Boodskappe: 464 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek voel bekommerd. Ek voel bekommerd oor Stefan
Harms van Winnipeg. Hy het soos 'n groot speld verdwyn
van die nuusgroep af. Ek sou normaalweg dit toegeskryf
het aan luiheid of teveel werk of een of ander rede. Maar
Stefan bly in Winnipeg. Alle Kanadese is op die oomblik
ietwat bekommerd oor die mense daar. Die hele baie lang
winter is die mense van Winnipeg geteister deur talle
winterstorms, terwyl ons hier in Oos-Ontario 'n baie milde
winter gehad het. En net 'n week of so gelede toe kry hulle
weer 'n verskriklike swaar sneeustorm sommer hier in
April. Ek lees in die koerant dat die oogdokters bang is vir
skade aan die mense se oë, omdat hulle in die skerper son
hierdie tyd van die jaar teen so baie wit moet kyk.
Maar nou dreig daar 'n ander gevaar. Die Red River
vloei uit North Dakota en Minnesota noordwaarts na
Lake Winnipeg. Op die oomblik is daar verskriklike
vloedwaters en vloedskade veral in Fargo, Norh Dakota.
Almal wag nou om te sien wat gebeur as die vloedwaters
Kanadese gebied bereik. In baie gevalle word die grens
tussen die twee lande nou ietwat van 'n onbelangrikheid.
In Noyes, Minnesota het die Kanadese omtrent kontrole
oorgeneem. Daar is 'n gemeenskaplike dyk wat Noyes
en Emerson, Manitoba beskerm en die kontrole daarvan
is in Manitoba se hande. "Yeah, you could say we annex
them... When we close the dyke, they just become Cana-
dians. We'll maybe annex the place and not give it back"
sê die Emergency Measures Co-ordinator in Emerson
in vanoggend se "Globe and Mail."
Dus wonder ek nou : wat het van Stefan geword?
Dis nou die Stefan wat gesê het dat ons 'n kuberbundel
van idiome bymekaar moet maak. Miskien moet ons vir
hom "care packages" begin stuur. Maar tot ons meer
besonderhede uitgevind het, dink ek dis 'n goeie idee dat
ons almal saamspan en van ons geliefkoosde idiome pos
(met Engelse verduidelikings, asseblief, vir al die beginner-
studente van Afrikaans) om vir Stefan te wys dat ons aan
hom dink. Ek gaan sommer dadelik werk daarvan maak.
Het self lanklaas 'n idioom gepos.
Gloudina Bouwer
|
|
|
Re: Oor vloedwaters en Stefan Harms. [boodskap #9107 is 'n antwoord op boodskap #9103] |
So, 20 April 1997 00:00 |
Stefan Harms
Boodskappe: 35 Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Gloudina skryf toe:
> Ek voel bekommerd. Ek voel bekommerd oor Stefan
> Harms van Winnipeg. Hy het soos 'n groot speld verdwyn
> van die nuusgroep af.
Pragtige beeld, die van die groot speld, Gloudina! Ek het soms gewonder
of dan 'n klein speld minder maklik verdwyn, of wat?
En wat doen 'n groot speld in 'n vloed soos die wat ons hier bevoorstaan?
Ek sidder.
> Dus wonder ek nou : wat het van Stefan geword?
> Dis nou die Stefan wat gesê het dat ons 'n kuberbundel
> van idiome bymekaar moet maak. Miskien moet ons vir
> hom "care packages" begin stuur. Maar tot ons meer
> besonderhede uitgevind het, dink ek dis 'n goeie idee dat
> ons almal saamspan en van ons geliefkoosde idiome pos
> (met Engelse verduidelikings, asseblief, vir al die beginner-
> studente van Afrikaans) om vir Stefan te wys dat ons aan
> hom dink. Ek gaan sommer dadelik werk daarvan maak.
> Het self lanklaas 'n idioom gepos.
>
> Gloudina Bouwer
Die "idioom pakkies" word natuurlik baie dankbaar deur my opgeraap -
alhoewel ek heimlik hoop dat my dankbare gulsigheid nie die enigste
motivering vir jou en ander potensiele idioom-skenkers is nie.
Terloops, weet jy van baie beginnerstudente van Afrikaans? Kan hulle nie
so elke nou en dan ook 'n idioom navors en hier pos?
Wat die vloedwaters betref, dink ek aan die storie van Jan Spies, waar die
Oom wat destyds in die groot vloed in Boesmanland beleef het, gedurende sy
lewe dit aan almal vertel het, selfs die mense wat net verby gery het en
petrol ingooi het, het hy vertel van die jaar wat dit toe so baie gereen
het, dat daar groot plate water gestaan het in Boesmanland.
Die Oom is toe dood en toe kom hy in die hemel, en toe was daar baie mense
wat nog nie die storie van die groot reen in Boesmandland geken het nie.
Hy bedink toe 'n plan en nader Petrus met die voorstel om almal te
vergader, dan kan hy mos nou aan almal tegelyk die storie vertel. Petrus
maak so, en roep almal bymekaar. Toe die Oom so baie mense bymekaar sien,
sluk-sluk hy so, want die grootste groep mense wat hy nog bymekaar op 'n
hoop toegespreek het was die kerkraadsvergadering. Maar hier is dan nou
baie meer bymekaar - jy kan nie eens almal sien, so baie is daar.
En net toe die Oom gereed maak om die storie van die groot vloed in
Boesmanland te vertel, se Petrus vir hom: "Onthou tog, Noag en sy mense is
ook vandag hier!"
--
Stefan...@mbnet.mb.ca
|
|
|
Re: Oor vloedwaters en Stefan Harms. [boodskap #9134 is 'n antwoord op boodskap #9103] |
Di, 22 April 1997 00:00 |
Stefan Harms
Boodskappe: 35 Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Toe skryf die tannie:
> Stefan, ek wens jy wil vir ons op die nuusgroep vertel
> hoe dit lyk wanneer die waters Winnipeg bereik. Ek sien
> hulle noem dit die grootste vloed van die laaste 500 jaar.
>
> Gloudina
Ons raak nou effe bekommerd, ja, maar tot dusver is niks anders as in
vorige jare nie:
Die yslaag breek in stukke wat dan stroom-af op sommige plekke saamkoek en
dan het jy 'n damwal van ys wat die rivier laat opdam totdat jy in die
koringveldvlaktes met jou boot kan vaar.
Die "Red river" (ek noem hom sommer die Groot Modderrivier) vloei oor die
prairie deur Winnipeg op pad na die noorde en mond dan in die
Winnipegmeer.
So 'n dertig jaar gelede het hulle 'n groot sloot om die stad gegrawe, met
sluise wat die rivier grotendeels om die stad laat vloei. Die sluise is
gistraand oopgemaak, en bewaar ons as daar fout met die damwal kom...
--
Stefan...@mbnet.mb.ca
|
|
|
Re: Oor vloedwaters en Stefan Harms. [boodskap #9135 is 'n antwoord op boodskap #9103] |
Di, 22 April 1997 00:00 |
Izak Bouwer
Boodskappe: 464 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article ,
amde...@gold.up.ac.za says...
> Ek het so pas weer deur Boesmanland getoer.
At, BAIE DANKIE vir die nuus oor die Boesman-
land wat so nat is. Jou manier van skryf laat my alles
so duidelik ervaar. Hou asseblief aan. Dink jy die
driedorings sal in julle lente in die Noordkaap bloei,
as gevolg van die reen wat nou geval het? Of moet
daar lentereens wees daarvoor? Wat maak hulle dees-
dae as daar baie sprinkane is - spuit hulle nog? Was
daar ook rooivlerk-sprinkane?
Vira, welkom by die nuusgroep. Jou Afrikaans is so
goed, niemand sal die verskil sien nie! Hierdie nuus-
groep IS 'n "support group" vir mense in die buiteland,
soos ek. Dis asof die grense verdwyn. Hoop jou familie
in die VSA is gekonnekteer met jou rekenaar.
Stefan, ek wens jy wil vir ons op die nuusgroep vertel
hoe dit lyk wanneer die waters Winnipeg bereik. Ek sien
hulle noem dit die grootste vloed van die laaste 500 jaar.
Gloudina
|
|
|
Re: Oor vloedwaters en Stefan Harms. [boodskap #9136 is 'n antwoord op boodskap #9103] |
Di, 22 April 1997 00:00 |
lo...
Boodskappe: 124 Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In Article,
writes:
> Ek het so pas weer deur Boesmanland getoer. Die vorige kere was dit dorre,
> barre aarde. 'n Mens het gewonder waarvan die diere geleef het. Dit het
> gelyk of omtrent net die vetplante dit nog gemaak het - en omtrent net. 'n
> Half miljoen vierkante kilometer van verlatenheid.
>
> Mensig, wat 'n paradys, droog en nat!
>
> Best wense
> At de Lange
>
Hello At
Ek was oor die paasnaweek in die Gemsbok Park. Die plek lyk mooi, gras staan
plek plek so gemsbok pens hoogte. Dit het soveel gereen dat die Nossob pad was
vir 'n groot gedeelte gesluit moes word. Selfs daar as mens die duine pad van
die Mata Mata na Nossob ry le^ die pannetjies water blink in die veld.
Die wild was wel bietjie skaars maar die gemsbokke, springbokke en hartbeeste
is almal modder vet. Volgens een wildbewaarder is dit die kompleet
teenoorgestelde van laas seisoen toe dit blykbaar 'n bietjie droog was.
Ek het weer 'n duisternis koringkrieke op die pad gekry, gee jou kar eintlik
so 'n vetlaag aan die onderkant.
Cheers
Lou
|
|
|
Re: Oor vloedwaters en Stefan Harms. [boodskap #9137 is 'n antwoord op boodskap #9103] |
Di, 22 April 1997 00:00 |
At de Lange
Boodskappe: 297 Geregistreer: November 1995
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Stefan Harms wrote in article
...
> Wat die vloedwaters betref, dink ek aan die storie van Jan Spies, waar die
> Oom wat destyds in die groot vloed in Boesmanland beleef het, gedurende sy
> lewe dit aan almal vertel het, selfs die mense wat net verby gery het en
> petrol ingooi het, het hy vertel van die jaar wat dit toe so baie gereen
> het, dat daar groot plate water gestaan het in Boesmanland.
> Die Oom is toe dood en toe kom hy in die hemel, en toe was daar baie mense
> wat nog nie die storie van die groot reen in Boesmandland geken het nie.
> Hy bedink toe 'n plan en nader Petrus met die voorstel om almal te
> vergader, dan kan hy mos nou aan almal tegelyk die storie vertel. Petrus
> maak so, en roep almal bymekaar. Toe die Oom so baie mense bymekaar sien,
> sluk-sluk hy so, want die grootste groep mense wat hy nog bymekaar op 'n
> hoop toegespreek het was die kerkraadsvergadering. Maar hier is dan nou
> baie meer bymekaar - jy kan nie eens almal sien, so baie is daar.
> En net toe die Oom gereed maak om die storie van die groot vloed in
> Boesmanland te vertel, se Petrus vir hom: "Onthou tog, Noag en sy mense is
> ook vandag hier!"
Pragtige storie.
Ek het so pas weer deur Boesmanland getoer. Die vorige kere was dit dorre,
barre aarde. 'n Mens het gewonder waarvan die diere geleef het. Dit het
gelyk of omtrent net die vetplante dit nog gemaak het - en omtrent net. 'n
Half miljoen vierkante kilometer van verlatenheid.
Maar hierdie keer het Boesmanland reen gehad. Dit het plek-plek gelyk soos
die groot mere van Noord Amerika - net nie so diep nie! Net waar jy kyk
het die vloere (groot panne) blink geglinster in die son. Self die
sonbesies was verstom - nie eers 'n gepiep nie. By Brandvlei het ek
gewonder of ek nie dalk droom nie. By Kenhardt het die Boesmangras so dig
gestaan as 'n koringland onder besproeing. Die gras was nog vol in die
korrel - so lywig dat dit nie eers kon huppel in die wind nie. Verneukpan
was beslis nie meer beskikbaar vir landspoedresies nie. Daar kon 'n mens
self die buiging van die aardbol waarneem. Wat 'n gesig.
Net jammer dat dit die boere nie pas nie. Omternt elke pes wat die skaap
kan tref, is aan die uitbroeie. Ek het oor sowat 5 swerms voetganger
sprinkane gery wat besig was om die pad oor te steek. Wanneer die voertuig
so 'n swerm tref, gaan dit gly-gly. Ek het langs een swerm gestop. 'n
Groot roman spinnekop het saam met my hulle aangegluur. Dit was duidelik
dat hy nie eers meer in sy poedingmagie plek gehad het nie. 'n Ent verder
het 'n paar tarentale gewaggel soos eende. Ook hulle was moedeloos!
Mensig, wat 'n paradys, droog en nat!
Best wense
At de Lange
|
|
|
Re: Oor vloedwaters en Stefan Harms. [boodskap #9162 is 'n antwoord op boodskap #9103] |
Wo, 23 April 1997 00:00 |
At de Lange
Boodskappe: 297 Geregistreer: November 1995
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Izak Bouwer wrote in article ...
> At, BAIE DANKIE vir die nuus oor die Boesman-
> land wat so nat is. Jou manier van skryf laat my alles
> so duidelik ervaar. Hou asseblief aan. Dink jy die
> driedorings sal in julle lente in die Noordkaap bloei,
> as gevolg van die reen wat nou geval het? Of moet
> daar lentereens wees daarvoor? Wat maak hulle dees-
> dae as daar baie sprinkane is - spuit hulle nog? Was
> daar ook rooivlerk-sprinkane?
Goudina, nie te danke nie. Dit was 'n plesier.
Jy sal die driedorings nie eers herken nie. Weg is die kaal, swart takkies.
Hulle is opgesmuk met hulle fyn, sittende blaartjies soos 'n sosatie. Sou
hulle altyd so lyk, sou hulle eerder die naam drieworsies gekry het! Ek is
oortuig daarvan dat hulle aankomende lente soos katoenstruike sal lyk -
oortrek van die blomme. Hulle het nie lentereens nodig nie - die grond moet
net effens klam wees van die vorige siesoen. Weet jy, hulle het nie eers my
bene stukkend gekrap wanneer ek deur hulle geloop het nie.
Ja. Die sprinkane word nog bespuit - maar gelukkig nie meer met DDT of
Lindaan nie. My een vriend naby Grootdrink moes vanjaar 58 swerms beveg! As
jy bedoel die groen sprinkane met die rooi vlerke - nee. Dit was bruin
sprinkane.
Wat ek nou wil vertel, doen ek met die volle wete dat die eenoor ridders
dit sal probeer bykom.
Ek het by drie onafkankilke mense (onderwyser, predikant en boer) aan wie
se integriteit ek nie twyfel nie, verneem dat die bruinmense se
toekomsverwagting, lewenskwaliteit en sedelewe die afgelope drie jar
opmerklik agteruit gegaan het. Dit is nou die bruinmense op die platteland
in die karroos en boesmanland. Dit is vir hierdie drie mense 'n groot bron
van bekommernis. Nie een van hulle kon 'n verklaring bied nie, behalwe dat
dit met die politieke veranderinge verband hou. Hulle het my verklaring as
'n moontlikheid aanvaar, maar nie as die grondige oorsaak nie.
In my verklaring het ek hulle probeer wysmaak met vele voorbeelde uit die
geskiedenis dat as jy 'n groep mense se gebruik van hulle moedertaal
verminder en verskraal om watter rede ookal, dit hierdie mense onmagtig vir
die lewe. Die feit dat hulle kan kommunikeer in 'n tweede taal, bemagtig
hulle nie in dieselfde graad as hulle moedertaal nie. Wanneer die mens in
sy stille oomblikke drome droom en vergesigte sien, geskied dit in die mens
se moedertaal. Wanneer die mens moet put uit sy stomkennis (tacit
knowledge), geskied dit meestal met die moedertaal. (Om te weet presies
watter watter woord in die tweede taal 'n begrip uit die stomkennis sal
vasvat, vereis nougesette navorsing.) Wanneer die mens in nood moet bid tot
die Skepper of in vreugde wil sing vir die Skepper, geskied dit mees
spontaan in die moedertaal. Wanneer die mens anderkant die grens van kennis
peins oor die sin van die lewe, geskied dit in die moedertaal. Wanneer die
mens die tydelike lewe verlaat, is die laaste woorde in die moedertaal.
Gedurende my reis was ek sonder radio, TV, koerante, die internet of
gemorspos. Toe ek terug gekom het, het ek diep onder die indruk gekom hoe
ons oorspoel word met dinge wat nie in ons moedertaal geskied nie.
Oorbelading. Oorbelading van vreemde informasie - inhoudelik en vormlik.
Vreemde oorbelading onderdruk spontane kreatiwiteit. Vreemde oorbelading
forseer onbetaamlike gedrag. Hoe meer ons deel van die wereldburgerskap
word, hoe meer moet ons ons eie identiteit uitbou om te kan oorleef. Die
mees belangrikste saak in daardie identiteit is ons moedertaal. Laat ons
die gebruik van ons moedertaal bevorder - maak nie saak wie dit praat,
skryf en lees nie en waar dit gedoen word nie. 'n Mens se moedertaal is
soos Gods genade - net soos Hy goeie gawes gee aan die goeies en slegtes,
net so gebruik hulle almal die moedertaal. 'n Mens se moedertaal is soos
die grond waarop ons loop - almal loop daarop, niemand kan blywend daaroor
sweef nie.
Ons leef saam in 'n land van verskeidenheid. Ons saamwees kan net in vrede
geskied as ons hierdie verskeidenheid respekteer. Die koek moet in snye
verdeel word. Die enigste maniere hoe om die snye groter te laat word, is
om 'n groter koek of meer koeke te bak. Die regering poog om 'n groter koek
te bak. Ons sal egter moet begin om 'n ander koek te bak, anders mag dit te
laat word. Ons sal self moet inspring om Afrikaans te bevorder - die
Afrikaanse koek te bak. Daar is geen ander uitweg nie. Kom ons gebruik
hierdie NG om voorstelle in hierdie verband te maak en aksies te loods.
Beste wense
At de Lange
|
|
|
Re: Oor vloedwaters en Stefan Harms. [boodskap #9163 is 'n antwoord op boodskap #9103] |
Wo, 23 April 1997 00:00 |
Let's Go Travel
Boodskappe: 27 Geregistreer: April 1997
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Ek is bly om te lees dat hierdie nuusgroep 'n "support" groep is vir mense
in die buiteland. Ek lees nou al 'n ruk lank artikels wat hier gepos word
en het gewonder ..... hier is hopeloos te veel klipgooiery hier rond. Ek
is in die VSA, en ja, sekere dinge hier is beter as in SA, maar dit is nie
SA nie. Ek verlang baie en sal graag weer na SA wil gaan maar
omstandighede huidiglik laat dit nie toe nie. SA se natuur is absoluut die
beste ..... Ek mis naweke veral .... dam toe gaan, braai, wat ookal. Ek
het 'n paar maande terug Suid-Afrikaners ontmoet wat baie "bly" is dat
hulle uit SA is, en dink die VSA is die beste plek op aarde, en toe hulle
uitvind dat ek nie dieselfde voel nie, is ek toe afgeskryf as vriendin. As
hierdie 'n "support" groep is, dan behoort hier meer "support" te wees.
Julie
Izak Bouwer wrote in article ...
> In article ,
> amde...@gold.up.ac.za says...
>
>
>> Ek het so pas weer deur Boesmanland getoer.
>
>
>
> At, BAIE DANKIE vir die nuus oor die Boesman-
> land wat so nat is. Jou manier van skryf laat my alles
> so duidelik ervaar. Hou asseblief aan. Dink jy die
> driedorings sal in julle lente in die Noordkaap bloei,
> as gevolg van die reen wat nou geval het? Of moet
> daar lentereens wees daarvoor? Wat maak hulle dees-
> dae as daar baie sprinkane is - spuit hulle nog? Was
> daar ook rooivlerk-sprinkane?
>
> Vira, welkom by die nuusgroep. Jou Afrikaans is so
> goed, niemand sal die verskil sien nie! Hierdie nuus-
> groep IS 'n "support group" vir mense in die buiteland,
> soos ek. Dis asof die grense verdwyn. Hoop jou familie
> in die VSA is gekonnekteer met jou rekenaar.
>
> Stefan, ek wens jy wil vir ons op die nuusgroep vertel
> hoe dit lyk wanneer die waters Winnipeg bereik. Ek sien
> hulle noem dit die grootste vloed van die laaste 500 jaar.
>
> Gloudina
>
|
|
|
Re: Oor vloedwaters en Stefan Harms. [boodskap #9164 is 'n antwoord op boodskap #9136] |
Wo, 23 April 1997 00:00 |
vira
Boodskappe: 182 Geregistreer: April 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 4/22/97 7:54PM, in message , Izak Bouwer
wrote:
Hierdie nuus-
groep IS 'n �support group� vir mense in die buiteland,
soos ek. Dis asof die grense verdwyn. Hoop jou familie
in die VSA is gekonnekteer met jou rekenaar.
Gloudina
Hi Gloudina
Dankie - ja, my suster, in Utah, is lank voor my op die Internet gewees, en ek het myne
eitlik gekry omdat ek met haar wou kommunikeer (nou is dit een van die beste dinge wat
ooit in my lewe gebeur het). Sy is "subscribe" by hierdie NG, maar is te bang om Afrikaans
te skryf! Een van die dae baklei sy dalk terug met my, dan hoor julle albei kante van die
storie.
Sy sê hierdie groep laat haar "right at home" voel, maar sien - ek voel ons moet dit eintlik
terughou van julle af, wat ons so verlaat het, en ons so laat verlang na julle, want julle will
"the best of both worlds" hê, en ons moet dit dalk so "moderate" dat julle net elke tweede
reel kan lees ... veral as ons oor julle praat, of wanneer een van die lekker vloedstories te
lese is. ;-) (hehehehehehee)
Vira.
|
|
|
Re: Oor vloedwaters en Stefan Harms. [boodskap #9178 is 'n antwoord op boodskap #9103] |
Do, 24 April 1997 00:00 |
Stefan Harms
Boodskappe: 35 Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Mev. Gloudina Bouwer het geskryf:
>> Toe skryf die tannie:
>>
>
> Stefan, Stefan,
> Wat se getannie is dit nou. Moenie dink omdat jy daar
> op die prairie sit, jy my kan tannie nie. Ek kom in alle
> geval van die Noordkaap af waar ons die woord "tannie" as
> bietjie benede ons beskou het. Ons het die goeie Afrikaanse
> woord "antie" gebruik. Ek dink nie die woord "tannie" is
> in my woordeskat nie. Ek het nog nooit iemand "tannie"
> genoem nie. As ek nie "antie" wou gebruik nie, het ek "tante"
> gebruik. Maar nooit tannie nie. Daar het jy nou 'n les in
> Noord-Westerse Afrikaans ook.
> Gloudina
Met alle respek Gloudina, jy het nou 'n kans gemis om my met die familiere
"boet" of "boetie" op my plek te sit. Onthou vir volgende keer: as iemand
jou tante of tannie noem en jy nie daarvan hou nie, kan jy maklik 'n
herhaling voorkom deur die persoon met "boetie", "seuntjie", "sussie" of
"dogtertjie" aan te spreek.
In elk geval, in die refrain van die lied: "Oom Jan sny koring op die
land", is dit mos: "die tannie met die kappie bring die koffie na die
land, bring die koffie na die land!"
Kan nie help nie, maar dis die beeld wat ek van jou het.
groete.
Terloops, plus minus 20 duisend mense in Manitoba suidelik van Winnipeg
moet weens die Rooirivier se vloedwaters uit hulle huise uit.
--
Stefan...@mbnet.mb.ca
|
|
|
Re: Oor vloedwaters en Stefan Harms. [boodskap #9179 is 'n antwoord op boodskap #9103] |
Do, 24 April 1997 00:00 |
Izak Bouwer
Boodskappe: 464 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article ,
Stefan...@mbnet.mb.ca says...
>
> Toe skryf die tannie:
>
Stefan, Stefan,
Wat se getannie is dit nou. Moenie dink omdat jy daar
op die prairie sit, jy my kan tannie nie. Ek kom in alle
geval van die Noordkaap af waar ons die woord "tannie" as
bietjie benede ons beskou het. Ons het die goeie Afrikaanse
woord "antie" gebruik. Ek dink nie die woord "tannie" is
in my woordeskat nie. Ek het nog nooit iemand "tannie"
genoem nie. As ek nie "antie" wou gebruik nie, het ek "tante"
gebruik. Maar nooit tannie nie. Daar het jy nou 'n les in
Noord-Westerse Afrikaans ook.
Gloudina
|
|
|
Re: Oor vloedwaters en Stefan Harms. [boodskap #9223 is 'n antwoord op boodskap #9103] |
So, 27 April 1997 00:00 |
Izak Bouwer
Boodskappe: 464 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article ,
Stefan...@mbnet.mb.ca says...
>
> Mev. Gloudina Bouwer het geskryf:
>
>>> Toe skryf die tannie:
>>>
>>
>> Stefan, Stefan,
>> Wat se getannie is dit nou. Moenie dink omdat jy daar
>> op die prairie sit, jy my kan tannie nie. Ek kom in alle
>> geval van die Noordkaap af waar ons die woord "tannie" as
>> bietjie benede ons beskou het. Ons het die goeie Afrikaanse
>> woord "antie" gebruik. Ek dink nie die woord "tannie" is
>> in my woordeskat nie. Ek het nog nooit iemand "tannie"
>> genoem nie. As ek nie "antie" wou gebruik nie, het ek "tante"
>> gebruik. Maar nooit tannie nie. Daar het jy nou 'n les in
>> Noord-Westerse Afrikaans ook.
>> Gloudina
>
> Met alle respek Gloudina, jy het nou 'n kans gemis om my met die
familiere
Ja, Stefan, ek het aanvanklik gedink dat die
enigste manier om jou op jou plek te sit sou
wees om vir jou neef/nefie Stefan te noem.
Maar toe staan ek voor die probleem: Is jy
nou nog nat agter die ore (dus nefie) of is jy
al droog agter die ore ( dan neef.) Toe los ek
dit maar uit. Is jy? (Droog agter die ore?)
Dankie dat jy vir my in jou verbeelding met
'n kappie sien. Dis iets wat my ma my nooit
toegelaat het om te dra nie. My ma se familie
het van Robertson se wereld na Kakamas toe
gekom. Ek dink nie hulle het kappies in
Robertson se wereld gedra nie. Of miskien was
dit hulle Hugenote-bloed (Rossouw, Fouche),
maar hulle het neergesien op kappies, en ek
moes altyd 'n hoed dra. Ek het soms gesmeek
vir 'n kappie, een van daardie grotes waar jou
gesig diep agterin kan sit (soos 'n lekker diep
parka se kap!) Sy het eenkeer vir my een laat
maak, maar dit was nie 'n regte Voortrekker-
kappie nie; sommer so 'n nuwerwetse affere,
en ek het dit nie eintlik wou dra nie.
Hoop nie die water spoel jou weg nie.
Die tannie met die kappie.
|
|
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Sa Nov 16 23:53:34 MGT 2024
|