Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » steun
steun [boodskap #126325] Sa, 01 Junie 2019 10:03
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
steun
Afbreking: steun




Selfstandige naamwoord: steun
Meervoud: steune

Betekenis:
• Kerm of klaaggeluid.
• Iets waarop iemand of iets rus; 'n stut.
• Morele of materiële hulp.

Gebruik:
• Die ou man staan met 'n steun uit sy rystoel op.
• Sy gebruik sy kierie as steun as hy stap.
• Werkloses kry dikwels steun van die owerheid.

Afgelei:
• steunpilaar

Vertaling:
Engels: support, aid, assistance, help
Nederlands: steun


Werkwoord: steun
Verlede tyd: het gesteun

Betekenis:
• Ondersteun; hulp verleen.
• Rus of leun op; op iets druk.
• 'n Kreunende geluid van vermoeidheid of pyn maak.

Gebruik:
• Die Amerikaners steun die Britte al voor hulle by die aanval op Pearl Harbor betrokke geraak het.
• Sy steun op die resultate van 'n vroeëre ondersoek.
• "Maar... ek kan nie...", steun hy.

Vertaling:
Engels: to groan, support, rest, depend
Nederlands: steunen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: beleid
Volgende onderwerp: betekenis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 07:21:53 MGT 2024