Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sterf
sterf [boodskap #126313] Sa, 01 Junie 2019 07:16
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sterf
Afbreking: sterf
Uitspraak: /stɛrf/




Werkwoord: sterf
Verlede tyd: het gesterf
Teenwoordige deelwoord: sterwende
Verlede deelwoord: gestorwe

Betekenis:
• Ophou om te lewe, doodgaan.
• Iets in 'n hoë mate ervaar.

Gebruik:
• Vier-en-tagtig Suid-Afrikaners sterf nadat 'n gastehuis by T.B. Joshua se kerk in Nigerië ineenstort.
• Ek sterf van die honger.

Spreekwoord:
• Duisend dode sterf. [So bang wees asof jy kan sterf.]
• In die tuig sterf. [Sterf terwyl jy nog met jou gewone werksaamhede besig is.]

Wisselvorm:
• sterwe

Sinoniem:
• doodgaan
• heengaan
• omkom
• sneuwel

Afgelei:
• sterfbed
• sterfdag
• sterfdatum
• sterfgeval
• sterflys
• sterfuur

Vertaling:
Engels: to die, pass away
Nederlands: sterven

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: lug
Volgende onderwerp: plante
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 07:45:34 MGT 2024