Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » glo
glo [boodskap #126301] Do, 30 Mei 2019 19:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18937
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
glo
Afbreking: glo
Uitspraak: /χlʊə/




Werkwoord: glo
Verlede tyd: het geglo

Betekenis:
• As waar aanvaar; oortuig wees dat iets waar is; geloof hê.

Gebruik:
• Hy glo dat die aarde deur vlieënde skottels besoek word.

Spreekwoord:
• Jy sal jou oë nie glo nie. [In verwondering wees.]
• As jy nie wil glo nie, kan jy proe. [Kyk self as jy twyfel.]
• Hy glo die maan is van kaas gemaak. [Hom enigiets laat wysmaak.]

Vertaling:
Engels: to believe, trust, faith
Nederlands: geloven


Bywoord: glo

Betekenis:
• Vermoedelik; skynbaar; nie seker of dit die waarheid is of nie.

Gebruik:
• Hulle gaan glo skei.

Vertaling:
Engels: apparently, probably, presumably, seemingly
Nederlands: naar verluidt

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ekonomie
Volgende onderwerp: eienskappe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 17:48:24 MGT 2024