Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » herstel
herstel [boodskap #126299] Do, 30 Mei 2019 19:30
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
herstel
Afbreking: her•stel




Werkwoord: herstel
Verlede tyd: het herstel

Betekenis:
• Weer werkend kry; 'n gebreekte ding regmaak.
• Gesond word; beter raak; regkom.
• Na die vorige toestand terugkeer; weer invoer; ongedaan maak.

Gebruik:
• Kan jy die radio herstel?
• Sy herstel goed van die operasie.
• As dit gebeur sal die land diensplig moet herstel.

Vertaling:
Engels: to repair, restore; to recover
Nederlands: herstellen


Selfstandige naamwoord: herstel
Meervoud:

Betekenis:
• Proses van regmaak of maak soos dit was.
• Proses van regkom of gesond word.
• Proses van ongedaan maak; na die vorige toestand terugkeer.

Gebruik:
• Die herstel van die wasmasjien gaan 'n paar rand kos.
• Die herstel sal 'n paar weke neem.
• Die herstel van die skade gaan ons ruïneer.

Afgelei:
• herstelkoste
• hersteller
• herstelling
• herstelwerk

Vertaling:
Engels: recovery, redress
Nederlands: herstel

Nota:
• Woorde wat met "her-" begin, kry nie 'n "ge-" in die verlede tyd nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: strek
Volgende onderwerp: ekonomie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 05:23:13 MGT 2024