Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vroeg
vroeg [boodskap #126297] Do, 30 Mei 2019 19:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vroeg
Afbreking: vroeg




Byvoeglike naamwoord: vroeg
Vergrotende trap: vroeër
Oortreffende trap: vroegste
Attributief: vroeë, vroeëre
Partitief: vroegs

Betekenis:
• Die tyd kort na die begin van iets.
• Voor die verwagte tyd.

Gebruik:
• Hy het vroeg in die wedstryd 'n drie gedruk.
• Sy het vroeg by die werk opgedaag.

Spreekwoord:
• Hy is vroeg op die been. [Hy staan vroeg op.]
• Hy klim vroeg op die stellasie. [Hy gaan slaap vroeg.]
Vroeg ryp, vroeg vrot. [Gesê van kinders wat te gou ontwikkel.]
Vroeg uit die bed maak die beursie vet. [Wie vroeg opstaan, sal ryk of voorspoedig wees.]

Antoniem:
• laat

Afgelei:
• vroegtydig
• vroeg-vroeg

Vertaling:
Engels: early
Nederlands: vroeg

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: pligsbesef
Volgende onderwerp: strek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 04:31:35 MGT 2024