Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » DS: [AFRIKAANS:5768] Was die Boererepublieke liberaal?
DS: [AFRIKAANS:5768] Was die Boererepublieke liberaal? [boodskap #5460 is 'n antwoord op boodskap #5462] Do, 25 Januarie 1996 00:00
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Jeffery Zucker[SMTP:...@maccs.dcss.McMaster.CA]
Verzonden: donderdag 25 januari 1996 9:57
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5768] Was die Boererepublieke liberaal?

Oor liberalisme (van die klassieke en die "snot-en-trane" aard)
skryf Chris Claassen:

> Die Boererepublieke was liberale bastions.

en Reinier voeg toe:

> 'n Ander Suid-Afrikaanse 19de-eeuse liberalis was pres. T F Burgers van
> die ou ZAR.

R^erig? Dit spreek teen die stereotipe van die Boere op vlug
van die "liberale" Kaapse bewind. Wil jy/julle dit verduidelik?
Wat was bv. die rassebeleid van die Boererepublieke in die algemeen,
en van pres. Burgers in die besonder?

Jeff
DS: [AFRIKAANS:5774] Re: Was die Boererepublieke liberaal? [boodskap #5462 is 'n antwoord op boodskap #5460] Do, 25 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Leendert van Oostrum[SMTP:O...@scientia.up.ac.za]
Verzonden: donderdag 25 januari 1996 11:01
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5774] Re: Was die Boererepublieke liberaal?

On 25 Jan 96 at 8:57, Jeffery Zucker wrote:

> Oor liberalisme (van die klassieke en die "snot-en-trane" aard)
> skryf Chris Claassen:
>
>> Die Boererepublieke was liberale bastions.
>
> en Reinier voeg toe:
>
>> 'n Ander Suid-Afrikaanse 19de-eeuse liberalis was pres. T F
>> Burgers van die ou ZAR.
>
> R^erig? Dit spreek teen die stereotipe van die Boere op vlug
> van die "liberale" Kaapse bewind. Wil jy/julle dit verduidelik? Wat
> was bv. die rassebeleid van die Boererepublieke in die algemeen, en
> van pres. Burgers in die besonder?

Swartes en Uitlanders (veral Katolieke - die Jode het gesorg dat
hulle goeie betekkinge handhaaf :-)))) is stewig op hul plek gehou -
deur "verpligte" kommandos waarvoor net vrywilligers opgedaag het.
Die staatsvorm was uiters liberaal in die sin van "beperkte
regering". Die rede hiervoor was dat die burgers nie hul belastings
betaal het nie, en dus die regering beperk gehou het. Pres Burgers het
blykbaar die meeste van die tyd die staat uit sy eie sak onderhou.

In verskeie gevalle was dit ook nie eens moontlik om "die swartes in
toom te hou" nie, omdat die oproepe tot kommandoplig bloot op dowe ore
geval het. Vooruitgeskowe nedersettings in die Noord- en
Oos-Transvaal en elders moes in hierdie gevalle noodwendig ontruim en
iewers elders gaan probeer. Verskeie is uitgemoor.

Die "oudominie" van ons sendinggemeente in Venda is Ds Madzivandila.
Sy van beteken "padversperder". Die familie het die naam verwerf in die
suksesvolle pogings van die Venda om die Boere se Ooswaartse
uitbreiding vanaf Lousi Trichardt in die rigting van Toynadou te
stuit.

Groete, Leendert


Leendert van Oostrum Telephone: +27-12-4203656
UNIVERSITY OF PRETORIA Fax: +27-12-432863
(Which does not neces- e-mail oos...@scientia.up.ac.za
sarily endorse opinions experessed here)
Vorige onderwerp: DS: [AFRIKAANS:5623] Re: Afrikaans vs Nederlands/vlaams mutual intelligibility
Volgende onderwerp: DS: [AFRIKAANS:5765] Re: DS: Re: AW: Re: AW: Re: (Fwd) Re: Vir
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 09:03:37 MGT 2024