Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » nodig
nodig [boodskap #126288] Do, 30 Mei 2019 06:42
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18933
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
nodig
Afbreking: no•dig




Byvoeglike naamwoord: nodig
Vergrotende trap: nodiger
Oortreffende trap: nodigste
Attributief: nodige
Intensief: broodnodig, hoognodig

Betekenis:
• Waaraan daar 'n behoefte is; waarsonder mens nie kan klaarkom nie.

Gebruik:
• Die kos het sout nodig.
• Dankie, maar dit is nie nodig nie.

Spreekwoord:
• 'n Bobbejaan het daar 'n kierie nodig. ['n Onbegaanbare pad.]
• Goeie wyn het nie 'n krans nodig nie. [Wat goed is, hoef nie aangeprys te word nie.]
• 'n Goeie begrip het ’n halwe woord nodig. [As iemand gou verstaan wat jy wil sê, hoef jy nie so volledig te verduidelik nie.]

Sinoniem:
• essensieel
• gevraagd
• noodsaaklik
• tersaaklik

Antoniem:
• onnodig

Afgelei:
• nodigheid

Vertaling:
Engels: necessary, needed
Nederlands: nodig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: groen
Volgende onderwerp: spesifieke
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 14:08:38 MGT 2024