Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » leier
leier [boodskap #126260] Wo, 29 Mei 2019 09:01
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
leier
Afbreking: lei•er




Selfstandige naamwoord: leier
Meervoud: leiers
Verkleinwoord: leiertjie
Meervoud van verkleining: leiertjies

Betekenis:
• Iemand wat lei of bestuur. Persoon wat in beheer is en die besluite neem.
• 'n Persoon of span wat voorloop in 'n kompetisie of wedstryd.

Gebruik:
• Ons het 'n sterk leier nodig wat die regte besluite op die regte tyd kan neem.
• Die leier in die Tour de France het nog 'n skof gewen.

Antoniem:
• volgeling

Hiponiem:
• opposisieleier
• partyleier

Homofoon:
• lyer (iemand wat aan 'n siekte ly)

Verwant:
• baas
• bestuurder

Vertaling:
Engels: leader, guide
Nederlands: leider

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: dienste
Volgende onderwerp: gewilde
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 04:35:52 MGT 2024