Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » waarde
waarde [boodskap #126255] Wo, 29 Mei 2019 07:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18936
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
waarde
Afbreking: waarde




Selfstandige naamwoord: waarde
Meervoud: waardes
Verkleinwoord: waardetjie
Meervoud van verkleining: waardetjies

Betekenis:
• (ekonomie) Hoeveel iets in geld werd is; opbrengs wat 'n item of diens (kan) behaal as dit verkoop word.
• Die nut of belang van iets; wat iets belangriks beteken.
• Morele of godsdienstige opvatting oor wat reg en verkeerd is.
• (wiskunde) Die hoeveelheid wat deur 'n veranderlike voorgestel word.

Gebruik:
• Geld is 'n simboliese voorstelling van waarde. Wat is die eiendom se waarde?
• Die forum poog om vir sy gebruikers van waarde te wees.
• Etiek is die studie van morele waardes en gebruike vanuit 'n filosofiese oogpunt.
• Bereken die waarde van X in die vergelyking.

Spreekwoord:
• Dis van nul en gener waarde. [Sonder enige waarde.]

Afgelei:
• waardevol
• waardeloos
• waardeer

Vertaling:
Engels: worth, value
Nederlands: waarde

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: pas
Volgende onderwerp: periode
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 17:04:57 MGT 2024