Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » heilige
heilige [boodskap #126251] Wo, 29 Mei 2019 06:32
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
heilige
Afbreking: hei•li•ge




Selfstandige naamwoord: heilige
Meervoud: heiliges

Betekenis:
• (religie) 'n Titel in die Christendom wat toegeken word aan oorlede persone wat besonder regskape en gelowig gelewe het.

Gebruik:
• Hy is as 'n heilige en martelaar beskryf.
• In die kuns word heiliges dikwels afgebeeld met 'n stralekrans om hulle kop.

Vertaling:
Engels: saint
Nederlands: heilige


Byvoeglike naamwoord: heilig
Vergrotende trap: heiliger
Oortreffende trap: heiligste
Attributief: heilige
Partitief: heiligs

Betekenis:
• Attributiewe vorm van heilig. Skoon en sonder sonde; geestelik en sedelik verhewe.

Gebruik:
• Die Bybel is die heilige boek van die Christelike geloof.

Vertaling:
Engels: holy
Nederlands: heilige

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: klas
Volgende onderwerp: rolprent
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 09:09:21 MGT 2024