Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » energie
energie [boodskap #126247] Di, 28 Mei 2019 19:56
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18937
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
energie
Afbreking: ener•gie




Selfstandige naamwoord: energie
Meervoud: energieë

Betekenis:
• Die (fisieke) vermoë waarmee arbeid verrig word; krag om dinge te doen.
• Die (geestelik) vermoë waarmee dinkwerk verrig word.
• (wetenskap) 'n Natuurkundige begrip van arbeidsvermoë.

Gebruik:
• Hy het nie energie om die tuin skoon te maak nie.
• Sy het nie die energie om langer as 'n kwartier te studeer nie.
• Die hoeveelheid "energie" (simbool: W) word uitgedruk in joule (simbool: J) of kilowattuur (kWh).

Afgelei:
• energie-eenheid
• energiebehoud
• energiebron
• energiedigtheid
• energieoordrag
• energieomsetting
• energieregulering
• energietekort
• energieverbruik
• energieverdeling
• energiewaarde
• sonenergie
• stralingsenergie

Vertaling:
Engels: energy
Nederlands: energie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: volk
Volgende onderwerp: kop
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 18:56:03 MGT 2024