Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » saak
saak [boodskap #126223] Ma, 27 Mei 2019 19:06
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18922
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
saak
Afbreking: saak




Selfstandige naamwoord: saak
Meervoud: sake
Verkleinwoord: sakie
Meervoud van verkleining: sakies

Betekenis:
• 'n Aangeleentheid; iets wat gebeur, bespreek of behartig moet word.
• Sakebedrywigheid; 'n transaksie of handel; goed koop en verkoop.
• Iets wat in die hof voorkom; 'n regsgeding.

Gebruik:
• Julle sal dringende aandag aan die saak moet gee.
• Ons doen al jare lank met hom sake.
• Dokters het die saak teen die tabakindustrie gefinansier.

Spreekwoord:
• Dis 'n netelige saak. ['n Moeilike, gevaarlike, pynlike saak.]
• Gee die saak gewonne. [Erken dat jy verkeerd is of verloor het.]
• Hy werp lig op die saak. [Iets bydra om die saak te verduidelik.]
• Elke saak het twee kante. [Elke saak kan van twee kante beskou word.]
• Elke saak het sy blink kant. [Geen ding is net sleg nie.]
• Sy het die saak goed bewimpel. [Kom nie reguit met die waarheid uit nie.]
• Hy het die saak te berde gebring. [Iets opper vir bespreking.]
• Moenie die saak verkeerd aanlê nie. [Verkeerd aanpak.]
• 'n Saak in die reine bring. [So te werk gaan dat daar duidelikheid kom en die moeilikheid so oplos.]
• 'n Saak blou-blou laat. ['n Saak (wat eintlik moet aangeroer word) nie bespreek nie (of dit nie afhandel nie).]

Hiponiem:
• appèlsaak
• bedrogsaak
• borgsaak
• moordsaak
• skeisaak
• verkragtingsaak

Vertaling:
Engels: thing, case, cause, matter, business, affair, concern, trade
Nederlands: zaak

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: boere
Volgende onderwerp: name
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 18:06:39 MGT 2024