Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » Rome
Rome [boodskap #126217] Ma, 27 Mei 2019 18:32
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Rome
Afbreking: Ro•me
Uitspraak: /ˈruə̯mə/




Pleknaam: Rome

Betekenis:
• Die hoofstad van Italië.

Gebruik:
• Volgens 'n bekende legende is Rome op 21 April 753 v.C. deur Romulus gestig.

Spreekwoord:
• Alle paaie lei na Rome. ['n Mens kan jou doel op verskillende maniere bereik.]
Rome is nie in een dag gebou nie. ['n Groot werk kom langsaam tot stand.]
• As 'n mens in Rome is, maak jy soos die Romeine. [As iemand in 'n vreemde plek is, moet hy hom na die nuwe toestande skik.]

Verwant:
• Romein
• Romeins
• Romeine
• Romeinse

Vertaling:
Engels: Rome
Frans: Rome
Italiaans: Roma
Latyn: Roma
Nederlands: Rome

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: Vrystaat
Volgende onderwerp: Japan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 23:11:51 MGT 2024