Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » geleentheid
geleentheid [boodskap #126209] Ma, 27 Mei 2019 15:55
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
geleentheid
Afbreking: ge•leent•heid




Selfstandige naamwoord: geleentheid
Meervoud: geleenthede
Verkleinwoord: geleentheidjie
Meervoud van verkleining: geleentheidjies

Betekenis:
• 'n Kans of die moontlikheid tot iets; gunstige omstandigheid.
• 'n Funksie of byeenkoms; gebeurtenis.

Gebruik:
• Magaliesburg word deur vakansie-plekkies omring, wat geleentheid vir ontsnapping aan stedelinge bied.
• Ter geleentheid van die politieke alliansie het die twee monarge geskenke uitgeruil.

Spreekwoord:
• Die geleentheid maak die dief. [As iets oop, onbewaak lê, lok dit diefstal uit.]

Sinoniem:
• kans
• okkasie

Afgelei:
• aangeleentheid
• glansgeleentheid
• saamrygeleentheid
• saamsinggeleentheid
• skoolgeleentheid
• spoggeleentheid
• werksgeleentheid
• wynproegeleentheid

Vertaling:
Engels: opportunity; occasion
Nederlands: gelegenheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sentrum
Volgende onderwerp: wyse
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 21:13:19 MGT 2024