Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skep
skep [boodskap #126174] So, 26 Mei 2019 08:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skep
Afbreking: skep




Werkwoord: skep
Verlede tyd: het geskep

Betekenis:
• Op- of uitlig; met 'n hol voorwerp optel.
• Iets inkry of inneem.

Gebruik:
• Hy skep die sop met die lepel in sy bord.
• Sy skep asem. Hy skep weer moed. Die wind skep die seile.

Spreekwoord:
• Hy skep lug. [Die vars buitelug geniet.]
• Die vaal streep skep. [In die pad val.]
• As dit pap reën, moet jy skep. [Elke geleentheid moet gebruik word.]
• As die stroom loop, moet jy skep. [Neem jou kanse waar terwyl hulle daar is.]
• Baantjies vir boeties skep. [Poste vir familie en vriende gee.]

Vertaling:
Engels: to scoop, shovel
Nederlands: lepelen


Werkwoord: skep
Verlede tyd: het geskep, het geskape

Betekenis:
• Iets uit niks maak; laat ontstaan; tot stand bring.

Gebruik:
• God skep die aarde in ses dae, en het op die sewende dag gerus.
Skep vir ons 'n artikel hieroor.
• Die skool skep die geleentheid vir kinders om verder te ontwikkel.

Afgelei:
• herskep
• omskep

Verwant:
• skepper
• skepping
• skepsel

Vertaling:
Engels: to create, make
Nederlands: creëren


Selfstandige naamwoord: skep
Meervoud: skeppe
Verkleinwoord: skeppie
Meervoud van verkleining: skeppies

Betekenis:
• Die hoeveelheid wat 'n mens op een slag met 'n voorwerp optel.

Gebruik:
• Elkeen kry net een skep roomys.

Vertaling:
Engels: schoop, spoonful, spadeful
Nederlands: schep

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ma
Volgende onderwerp: westelike
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 05:05:39 MGT 2024