Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Boeke, tydskrifte & koerante » DIE GROOTSTE BOEK IN AFRIKAANS...........
DIE GROOTSTE BOEK IN AFRIKAANS........... [boodskap #10582] Do, 04 September 1997 00:00
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Vera dink ek, het 'n rukkie gelede gevra oor die nuwe en ou vertaling van
die Bybel. Julle kan die volgende program met die Afrikaanse vertalings
van die Bybel kry vir jou rekenaar. Julle kan ook verskillende
engelse vertalings asook Grieks, Hebreeus ens kry.
Die program help jou om enige woord of vers te soek,
en jy kan aantekeninge maak ens. op jou rekenaar. Daar is ook
ander interesante goed soos CD-Roms met Multimedia interaktiewe
prentjies en speletjies oor Noag en sy ark ens. Vir grootmense is daar
argeologiese boeke en kaarte en bv. 'n CD-Rom oor die Dooie See rolle
ens.
Dit is interessant om te sien hoe Afrikaans ontwikkel het tussen die
ou en die nuwe vertaling. Baie van ons Afrikaanse name, plekname
gesegdes ens. kom uit die Bybel. Om die waarheid te se, die Afrikaner
se hele kultuur draai om die bybel. Of dit vandag nog so is, is egter
te betwyfel.

LOGOS INFORMATION SYSTEMS
Posbus 48993
Roosevelt Park
2129

tel 011-782-4222 ext 213
fax 011-782-6533
-------------------------------------
LOGOS research systems
2117 200th Avenue West
Oak Harbor,
WA 98277
USA
Tel 1-800-87-56467

Ek is seker die ouens het 'n WWW adres ook. Soek maar onder "LOGOS".

Vriendelike groete.
Vorige onderwerp: Absoluut 'De Kat' of absoluut Kak?
Volgende onderwerp: gesoek:tydskrif
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 11:52:20 MGT 2024