Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » liefde
liefde [boodskap #126165] Sa, 25 Mei 2019 08:05
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die hart word algemeen as simbool van liefe gebruik.
Die hart word algemeen as simbool van liefe gebruik.
liefde
Afbreking: lief•de
Uitspraak: /ˈlifdə/




Selfstandige naamwoord: liefde
Meervoud:

Betekenis:
• Die gevoel wat 'n mens het wanneer jy baie van iets of iemand hou; 'n warme geneentheid; gehegtheid aan 'n persoon of saak.

Gebruik:
Liefde is die hoogste vorm van omgee en word dikwels verwar met verliefdheid, 'n neurobiologiese verskynsel.

Spreekwoord:
• Van liefde en koue water leef. [Skertsend gesê van 'n paartjie wat baie verlief is.]
• Die liefde is blind. ['n Mens sien nie die gebreke in die voorwerp van jou liefde nie.]
• Ou liefde roes nie. [Die liefde wat 'n mens eenmaal vir 'n persoon gehad het, gaan nooit heeltemal weg nie.]
• As armoede by die voordeur inkom, gaan die liefde by die agterdeur uit. [Liefde word in die getroude lewe minder as die armoede druk.]

Antoniem:
• haat
• leed

Hiponiem:
• broederliefde
• kalwerliefde
• kinderliefde
• moederliefde
• naasteliefde
• ouerliefde
• susterliefde
• vaderliefde
• wederliefde

Afgelei:
• liefdesavontuur
• liefdesbetuiging
• liefdesbrief
• liefdesdaad
• liefdesdiens
• liefdesdrama
• liefdeservaring
• liefdeslied
• liefdesverhaal
• liefdesvuur
• liefdeswerk
• liefdesverhouding
• liefdesverklaring
• liefdevol

Vertaling:
Engels: love
Nederlands: liefde
Venda: lufuno
Xhosa: uthando
Zoeloe: uthando

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: verhale
Volgende onderwerp: aangetref
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 02:28:35 MGT 2024