Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » beeld
beeld [boodskap #126158] Sa, 25 Mei 2019 07:19
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18928
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Beeld van Paul Kryger in Rustenburg.
'n Beeld van Paul Kryger in Rustenburg.
beeld
Afbreking: beeld




Selfstandige naamwoord: beeld
Meervoud: beelde
Verkleinwoord: beeldjie
Meervoud van verkleining: beeldjies

Betekenis:
• 'n Driedimensionale kunswerk; namaaksel of voorstelling van iets.
• 'n Afbeelding van iets op 'n plat vlak (soos 'n weerkaatsing of optiese reproduksie).
• Visualisering; 'n denkbeeld/ geestesbeeld van iets.
• Beskrywing; 'n voorstelling in woorde.

Gebruik:
• 'n Beeld kan van steen, metaal of keramiek gemaak word.
• Die TV se beeld is dof. 'n Kamera is ’n optiese instrument wat beelde registreer.
• Deur 'n 3D-animasie kry ons 'n duidelike beeld van die nuwe stadion.
• Hy het die situasie verduidelik en 'n goeie beeld daarvan geskets.

Afgelei:
• 3D-beeld
• afgodsbeeld
• spieëlbeeld
• standbeeld
• TV-beeld
• woordbeeld

Verwant:
• voorstelling
• visualisasie

Vertaling:
Engels: image, statue, figure, type, idea, portrait, picture, reflection
Nederlands: beeld

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: slag
Volgende onderwerp: rigting
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 10:40:21 MGT 2024