Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » lys
lys [boodskap #126143] Vr, 24 Mei 2019 17:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Lys van name.
'n Lys van name.
lys
Afbreking: lys
Uitspraak: /ləis/




Selfstandige naamwoord: lys
Meervoud: lyste
Verkleinwoord: lysie
Meervoud van verkleining: lysies

Betekenis:
• 'n Opsomming van items of sake wat onder melkaar staan.
• 'n Dun randjie wat effens uitstaan, soos aan 'n venter, rots of meubelstuk.

Gebruik:
• Hy het 'n lys van die beste kandidate gemaak.
• Die bergklimmer klou verbete aan die dun lysie vas.

Afgelei:
• absensielys
• e-poslys
• inkopielys
• kontrolelys
• naamlys
• presensielys
• puntelys
• sakelys
• vraelys

Vertaling:
Engels: list, border, edge
Nederlands: lijst


Werkwoord: lys
Verlede tyd: het gelys

Betekenis:
• Items agtereenvolgens opnoem of onder mekaar skryf.

Gebruik:
• Hulle is besig om die beste kandidate te lys.

Vertaling:
Engels: to list
Nederlands: lijsten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: oorsprong
Volgende onderwerp: vlak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 08:25:49 MGT 2024