Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » liggaam
liggaam [boodskap #126132] Vr, 24 Mei 2019 06:33
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
liggaam
Afbreking: lig•gaam
Uitspraak: /ˈləχɑːm/




Selfstandige naamwoord: liggaam
Meervoud: liggame
Verkleinwoord: liggaampie
Meervoud van verkleining: liggaampies

Betekenis:
• (anatomie) Fisiese struktuur van 'n mens of dier, wat die bene, vleis en organe insluit.
• 'n Instansie (soos 'n vereniging, organisasie of genootskap).
• 'n Hoeveelheid materie met 'n bepaalde vorm.

Gebruik:
• Die hart pomp bloed deur die longe om die liggaam van suurstof te voorsien.
• Die Erfenishulpbronagentskap is 'n statutêre liggaam wat onder die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne gestig is.
• Swaartekrag is die oorsaak van die afwaartse krag wat alle liggame op aarde ondervind.

Spreekwoord:
• Hy hou siel en liggaam bymekaar. [Net genoeg hê om van te lewe.]

Sinoniem:
• lyf
• instansie
• instelling

Vertaling:
Engels: body
Nederlands: lichaam

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: verband
Volgende onderwerp: studie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 04:46:47 MGT 2024