Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verband
verband [boodskap #126131] Vr, 24 Mei 2019 06:29
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Verband wat om 'n hand gedraai is.
Verband wat om 'n hand gedraai is.
verband
Afbreking: ver•band




Selfstandige naamwoord: verband
Meervoud: verbande
Verkleinwoord: verbandjie
Meervoud van verkleining: verbandjies

Betekenis:
• 'n Lang strook materiaal om 'n wond te verbind.
• Verbintenis; 'n gesamentlike verandering of samehang.
• Geld wat by die bank geleen is om 'n eiendom af te betaal.

Gebruik:
• Die verpleegster sit vir die pasiënt 'n nuwe verband aan.
• Soshanguve was die toneel van onluste wat met swak dienslewering verband gehou het.
• Hy moes 'n tweede verband op hy huis uitneem.

Spreekwoord:
• Hy ruk die woorde uit verband. ['n Doelbewuste verkeerde vertolking aan woorde gee.]

Vertaling:
Engels: bandage; connection, relation, link; bond
Nederlands: verband

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kulturele
Volgende onderwerp: liggaam
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 06:10:18 MGT 2024