Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » leiding
leiding [boodskap #126106] Do, 23 Mei 2019 17:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
leiding
Afbreking: lei•ding



Selfstandige naamwoord: leiding
Meervoud:

Betekenis:
• Die handeling van lei; toesig hou; bestuur; aanvoer; 'n voorbeeld vir ander stel.
• Die voortou neem tydens 'n kompetisie of wedstryd.
• 'n Pyp of draad waardeur of waarlangs iets gelei word (soos water, elektrisiteit, ens.)

Gebruik:
• Die Genootskap van Regte Afrikaners was onder leiding van Ds. S.J. du Toit gewees.
• 'n Suid-Afrikaanse fietsryer het sopas die leiding geneem.
• As gevolg van die hoë druk het 'n lekkasie in die leiding ontstaan.

Afgelei:
• ouerleiding

Vertaling:
Engels: leadership, guidance, management, piping
Nederlands: leiding

Nota:
• Pas op om nie "leiding" en "lyding" (pyn en smart) met mekaar te verwar nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: beweeg
Volgende onderwerp: kerke
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 11:39:13 MGT 2024