Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kus
kus [boodskap #126074] Wo, 22 Mei 2019 06:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18916
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Hartstogtelike kus.
'n Hartstogtelike kus.
kus
Afbreking: kus




Werkwoord: kus
Verlede tyd: het gekus
Teenwoordige deelwoord: kussende

Betekenis:
• Met die lippe aanraak; 'n soen gee.

Gebruik:
• Hy kus haar op die voorkop.
• Sy steek 'n hand na hom uit, en vir 'n oomblik oorweeg hy om dit galant te kus.

Sinoniem:
• soen

Afgelei:
• Judaskus

Vertaling:
Engels: to kiss
Nederlands: kussen


Selfstandige naamwoord: kus
Meervoud: kusse
Verkleinwoord: kussie
Meervoud van verkleining: kussies

Betekenis:
• Liefkosende aanraking met die lippe.

Gebruik:
• Sy groet hom met 'n kus op die voorkop.
• Sy vou haar armpies om die ou man se nek, hy bedek haar gesiggie met kusse.

Sinoniem:
• soen

Vertaling:
Engels: kiss
Nederlands: kus

'n Kus.
'n Kus.

Selfstandige naamwoord: kus
Meervoud: kuste
Verkleinwoord: kussie
Meervoud van verkleining: kussies

Betekenis:
• 'n Strook land wat aan die see grens.

Gebruik:
• Vasco da Gama het onderweg na Indië langs die kus van Suider-Afrika gevaar.
• In 1862 word 'n pad vanaf die kopermyne na Hondeklipbaai aan die kus gebou.

Afgelei:
• kusbewoner
• kusdorpie
• kusgebied
• kusklimaat
• kuslangs
• kusvoël
• kuswind

Vertaling:
Engels: coast, seaside, shore, shoreline, seashore
Nederlands: kust

Nota:
• Die woord word ook gebruik in die uitdrukking: Te kus en te keur, waar dit "kies" beteken.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gebring
Volgende onderwerp: hoof
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 05:39:09 MGT 2024