Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vertrek
vertrek [boodskap #126060] Di, 21 Mei 2019 06:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18937
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vertrek
Afbreking: ver•trek
Uitspraak: /fərˈtræːk/




Werkwoord: vertrek
Verlede tyd: het vertrek

Betekenis:
• Handeling van vertrek of weggaan; 'n plek verlaat.
• Skeef trek.

Gebruik:
• Ons vertrek môre na die see.
• Sy gesig vertrek van pyn.

Spreekwoord:
• Hy vertrek geen spier nie. [Niks van jou gevoelens laat blyk nie.]
• Met die noorderson vertrek. [Skielik en onverwags vertrek.]
• Met stille trom vertrek. ['n Plek stil verlaat.]
• Siekte kom te perd, dog vertrek te voet. [n Mens word gouer siek as gesond.]

Antoniem:
• aankom
• arriveer

Vertaling:
Engels: to leave, depart
Nederlands: vertrekken


Selfstandige naamwoord: vertrek
Meervoud:

Betekenis:
• Handeling van vertrek of weggaan; afreis.

Gebruik:
• Haar vertrek was 'n groot verlies vir die maatskappy.

Antoniem:
• aankoms

Vertaling:
Engels: departure
Nederlands: vertrek


Selfstandige naamwoord: vertrek
Meervoud: vertrekke
Verkleinwoord: vertrekkie
Meervoud van verkleining: vertrekkies

Betekenis:
• Kamer in 'n huis of gebou; 'n afgeslote deel van 'n woning.

Gebruik:
• Ons moet 'n ekstra vertrek vir ons jongste kind aanbou.

Hiponiem:
• kamer
• saal

Vertaling:
Engels: room, chamber, apartment
Nederlands: vertrek

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: help
Volgende onderwerp: gestuur
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 19:42:48 MGT 2024