Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » help
help [boodskap #126059] Di, 21 Mei 2019 06:42
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18937
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
help
Afbreking: help




Werkwoord: help
Verlede tyd: het gehelp
Teenwoordige deelwoord: helpende

Betekenis:
• Iemand bystaan; dit makliker vir iemand maak.
• Om van nut te wees; iets wat die lewe makliker maak.

Gebruik:
• Kan ek jou help?
• Pille help nie vir alles nie.

Spreekwoord:
• Dit help nie om druiwe Boland toe te stuur nie. [Iets doen wat heeltemal onnodig is.]
• Dit help nie om te blaf as jy nie kan byt nie. [Moenie leë dreigemente maak nie.]
• Ek help hom uit sy droom. [Iemand vertel hoe 'n saak werk.]
• Iemand van die wal in die sloot help. [Iemand verder in die moeilikheid dompel.]

Afgelei:
• uithelp
• helper

Vertaling:
Engels: to help, aid, assist, relieve
Nederlands: helpen
Xhosa: bambisa

Nota:
Help is 'n werkwoord, maar hulp is 'n selfstandige naamwoord.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: beskikbaar
Volgende onderwerp: vertrek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 17:49:08 MGT 2024