"Pavane vir 'n Gestorwe Prinses" deur ERNST VAN HEERDEN [boodskap #10533] |
Ma, 01 September 1997 00:00 |
G.B.
Boodskappe: 2174 Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
PAVANE VIR 'N GESTORWE PRINSES
Ernst van Heerden
'n Hulsel van kristal het telkens
spanninge van stoot en skok verdra,
die allerlaaste keer die ruwe hand
trotseer, en toe, vermoeid,
met rinkelinge ingestort.
Kaleidoskoop se fokus hunker
na sy ou bestel terug;
die skerwe-stand
kom tot 'n wonderlike eenheid weer,
waar áls byeengeskud en uitgester,
die lig vang en die son,
en sy, donsfyn, verruklik-broos,
haar koninklike intog doen.
|
|
|