Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » lyk
lyk [boodskap #126012] So, 19 Mei 2019 17:46
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18932
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
lyk
Afbreking: lyk
Uitspraak: /ləik/




Werkwoord: lyk
Verlede tyd: het gelyk

Betekenis:
• Vertoon; uiterlike ooreenkoms toon.
• Skynbaar; wil voorkom; dink iets gaan gebeur.

Gebruik:
• Liefie, jy lyk pragtig vanaand. Sy lyk soos haar sussie.
• Dit lyk of die Springbokke die wedstryd gaan wen.

Spreekwoord:
• Van agter beter lyk as van voor. [Lelik wees.]
• Dit lyk of die hond sy kos afgeneem het. [Hy lyk verleë.]
• Dit lyk of die kraaie jou kos afgeneem het. [Lyk baie verleë.]
• Dit lyk of hemel en aarde vergaan. [Daar is ' n vreeslike lawaai.]
• Dit lyk of hy 'n laaistok ingesluk het. [Hy is baie regop.]
• Hy lyk soos een wat met die nagtrein gekom het. [Baie slordig lyk.]
• Hy lyk soos 'n haan waarvan die stertvere uitgepluk is. [Hy lyk maar verwaarloos.]
• Hy lyk soos 'n hond wat vet gesteel het. [Hy lyk sku.]
• Sy lyk op 'n haar na soos haar ma. [Presies en in elke opsig.]
• Sy lyk soos 'n kersboom. [Oormatig opgetooi.]
• Soos twee druppels water na mekaar lyk. [Presies eenders lyk.]

Vertaling:
Engels: to look like, resemble; seem
Nederlands: lijken


Selfstandige naamwoord: lyk
Meervoud: lyke
Verkleinwoord: lykie
Meervoud van verkleining: lykies

Betekenis:
• 'n Dooie liggaam; stoflike oorskot van 'n mens of 'n dier.

Gebruik:
• Hy het die lyk ontdek, en in sy bakkie gespring om dit by die polisie te gaan aanmeld.

Sinoniem:
• kadawer

Afgelei:
• lykhuis
• lyksak
• lykswa

Vertaling:
Engels: corpse, dead body
Nederlands: lijk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sogenaamde
Volgende onderwerp:
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 13:58:29 MGT 2024