Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Balder die Skone (Baldr)
Balder die Skone [boodskap #126001] So, 19 Mei 2019 12:59
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Balder toon sy onaantasbaarheid, Odin en Frigg kyk toe. Loki gee Hodur 'n pyl van mistel.
Balder toon sy onaantasbaarheid, Odin en Frigg kyk toe. Loki gee Hodur 'n pyl van mistel.
Balder (ook Baldr) die Skone is in die Noorse mitologie die songod, man van Nanna, die maangodin. Hy het talle broers gehad, onder andere Thor en Váli. Sy huis Breidablik was by Asgard. Hy is gedood deur ’n spies van ’n misteltak, gegooi deur die blinde Hoder, wat deur die bose Loki daartoe beweeg is.

Balder was die seun van Odin en Frigg en woon in die paleis Breidablik saam met sy vrou Nanna. Solank hy leef sou die paleis waarin hy woon lig oor die aarde verspreid. Daarom is Baldr geëer as 'n god van die lig en die lente, van die wysheid en die welsprekendheid. Sy regverdigheid en sy goeie humor het almal van die somber tye laat vergeet.

Maar in 'n droom word voorspel dat iemand Balder sou vermoor. Daarom laat Frigg almal 'n belofte aflê om hom geen kwaad aan te doen nie. Sowel die bome as die diere moes die eed aflê, niemand is ontsien nie. Danksy hierdie maatreël het almal gou van die doodsbedreiging vergeet en vrede het teruggekeer.

Maar Loki, die onrusstoker, was nie tevrede nie. Hy het geleer dat die mistel-boom nie die eed afgelê het nie en wel vir Balder kon doodmaak. Hy het 'n pyl van mistel gemaak en vir Hodur, 'n blinde broer van Baldr, gegee om na hom te gooi. So het die niksvermoedende Hodur sy eie broer vermoor.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Balboa, Vasco Nunez de
Volgende onderwerp: Baldwin, Stanley
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 14:43:11 MGT 2024