Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Onderwys & opvoeding » Re: Tuis Onderwys
Re: Tuis Onderwys [boodskap #10520] So, 31 Augustus 1997 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Haai Vira,

V wrote in article
...
> Leendert,
> kan jy glo, juis vandag daag daar op een van my ander nge 'n string poste op
> oor tuis onderwys. Die groep het niks met onderwys te doen nie, en ek was
> verbaas hoeveel van die mense, een na die ander, gesê het hulle volg hierdie
> koers.

Ja. Soos die een Maleiervroutjie in die Kaap vir my sê, haar familie wat
onderwysers is dink sy is gek. Maar sy verduidelik net vir hulle, hulle
moet besef "dis die nineties hierdie, en hulle moet bykom".

>
> Nou wil ek graag meer hoor, maar ek weet nie of daar fout is met my rekenaar of
> iafrica nie. Hierdie Amerikaanse groep gee ook 'n adres aan, en ek kon nie
> hulle s'n of joune kry nie. Is hierdie korrek?:
> http://hagar.up.ac.za/buro/leendert

Jy behoort dit daar te kry, maar probeer
http://hagar.up.ac.za/buro/leendert/tuisndks.html

Ek hou dit ook op http://www.oocities.org/Athens/Parthenon/4535

>
> Is die "Hagar" jou keuse? :)

Nee - my kollegas het ook 'n sin vir humor :-)

>
> Doen jy en jou vrou dit alleen, of is julle 'n groep mense wat almal saam
help?

Alleen. Die SA Skolewet definieer tuisonderwys as: "onderwys by die leerder
se huis".

> Oorsee is daar selfs maandelikse saamtrekkings vir sulke kinders en hulle
ouers.

My vrou het 'n groep wat elke tweede Donderdag bymekaarkom. Gewoonlik is
daar 'n paar pa's ook wat die dag afvat vir die okkasie (dis nou behalwe
vir die pa wat die tuisonderwys behartig - sy vrou werk as onderwyseres
sedert hy 'n pakket gekry het!)

>
> Ek het nie geweet dit is in Suid Afrika wettig nie - of wat is die
voorwaardes?

Dis wettig, maar die regering is nog nie gereed met die nodige regulasies,
voorwaardes en prosedures nie. Die gevolg is dat 97% van die mense
eenvoudig aangaan en dit doen - wanneer die regering in rat kom sal hulle
besluit of die voorwaardes en bepalings redelik is. Ons het so pas 'n trust
gestig om regsverdediging te verskaf vir mense wat probleme mag optel.

> Miskien is hierdie inligting op jou webblad, maar soos gesê - no luck there.
> Miskien wil jy ons kortliks vertel. Daars ook mense wat nie Internet access het
> nie, wat dit miskien graag wil hoor.

Spesifieke vrae, soos hieronder, kan ek antwoord. Vir meer algemene vrae
moet jy die webblad nagaan of my boek koop :-)

>
> Moet jou kinders die Onderwys Departement se gestelde eksamens kan slaag?

Nee. Soos gesê, is daar nog nie bepaalde voorwaardes of prosedures nie
(behalwe in die Wes-Kaap en Oos-Kaap, wat "interimbeleid" het, wat wel
bepaal dat jy hulle eksamens moet slaag - die beleid is egter so onredelik,
dat die meeste mense hulle eenvoudig nie daaraan steur nie.)

Ons werk met die nasionale onderwysdepartement om riglyne daar te stel vir
provinsiale beleid. As die provinsiale beleid sou bepaal dat mens die
onderwysdepartement se eksamens moet slaag, sou dit a) indruis teen die
internasionale instrumente van menseregte b) ongrondwetlik wees en c)
indruis teen die bepaling van die SA Skolewet.

My standpunt is (op fundamenteelregtelike en pedagogiese gronde) dat
kinders in tuisonderwys wel ge-evalueer moet word, maar slegs aan die hand
van algemene skolastiese toetse, en nie meer dikwels nie as eenmaal in drie
jaar.

>
> Dit klink of hulle daar anderkant omtrent enigiets vir die kinders laat
leer.

Hier ook. Dit hou onder andere verband met die kind se grondwetlike erkende
reg op vryheid van gewete, sy/haar reg persoonlike vryheid, op onderwys, op
akademiese vryheid en op ouerlike sorg :-)

Groete, Leendert
Re: Tuis Onderwys [boodskap #10534 is 'n antwoord op boodskap #10520] Ma, 01 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2174
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
My geliefkoosde storie oor tuis-onderrig:
Ons besoek 'n Anglikaanse predikant en sy vrou wat
hulle kinders tuis onderrig (omdat hulle nie hou van
die kwaliteit van die skool waarheen die kinders sou
moes gaan nie.) Die pa vertel vir my man dat hy hulle
twaalfjarige dogter begin Grieks leer. My man vra hom
later vir die Grieks vir 'n sekere woord. Ons predikant-
vriend bieg dat sy eintlik effens beperkte kennis van
Grieks nie genoeg is om vir my man 'n antwoord te kan
gee nie. Maar uit die hoek van die sitkamer kom die
antwoord op my man se vraag, van die twaalfjarige
meisie wat alreeds haar pa verbygesteek het in die
aanleer van Grieks!

Gloudina
Re: Tuis Onderwys [boodskap #10535 is 'n antwoord op boodskap #10520] Ma, 01 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Dankie vir die storie Gloudina,

Dit pas goed in die algemene patroon dat kinders in tuisonderwys vroeg
ontwikkel in onafhanklike leerders - en derhalwe al meer gewild word by
universiteite.

Dit pas ook by die verskynsel dat die kinders ewe goed presteer, ongeag of
hul ouers gegradueerdes is en of hulle self nie hul skoolloppbaan voltooi
het nie.

Een tuisskoolma hier by ons gebruik dit ook konsekwent. As die kinders 'n
vraag vra, sê sy net: "I'm not a teacher, I'm just a mother - now tell me
how you're going to find the answer!".

Groete, Leendert

@igs.net wrote in article ...
>
>
> My geliefkoosde storie oor tuis-onderrig:
> Ons besoek 'n Anglikaanse predikant en sy vrou wat
> hulle kinders tuis onderrig (omdat hulle nie hou van
> die kwaliteit van die skool waarheen die kinders sou
> moes gaan nie.) Die pa vertel vir my man dat hy hulle
> twaalfjarige dogter begin Grieks leer. My man vra hom
> later vir die Grieks vir 'n sekere woord. Ons predikant-
> vriend bieg dat sy eintlik effens beperkte kennis van
> Grieks nie genoeg is om vir my man 'n antwoord te kan
> gee nie. Maar uit die hoek van die sitkamer kom die
> antwoord op my man se vraag, van die twaalfjarige
> meisie wat alreeds haar pa verbygesteek het in die
> aanleer van Grieks!
>
> Gloudina
>
Re: Tuis Onderwys [boodskap #10566 is 'n antwoord op boodskap #10520] Wo, 03 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
Hallo Leendert

Ek wil nog baie gesels oor die onderwerp. Ek is fassineer. (My woordeboek het
nie so 'n woord nie, maar "bekoor" klink nie reg vir wat ek wil sê nie).

Daar's duisende vrae wat ek het, maar ek voel ek moet eers op die web gaan
lees, en ek het nog nie kans gekry nie. Die werk oorval my ewe skielik weer,
en ek kan skaars my pos gelees kry.

Kan jy my vir eers net dit sê?: Hoe word bepaal of sulke kinders ingang kry
tot universiteit. Hulle moet seker Matriek eksamens skryf? Of wat as hulle in
'n ander land wil studeer?

Jou boek?

Byvoorbaat dankie,
Vira.
Re: Tuis Onderwys [boodskap #10577 is 'n antwoord op boodskap #10520] Do, 04 September 1997 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
V wrote in article ...

> Kan jy my vir eers net dit sê?: Hoe word bepaal of sulke kinders ingang kry
> tot universiteit.

Net soos alle ander voornemende studente.

a) Hulle moet universiteitsvrystelling hê - dit beteken matriek met
bepaalde minimumvereistes. Kwalifikasies wat in ander lande verwerf is, kan
erken word as gelykwardig. In Suid-Afrika, anders as in ander lande, word
universiteite deur die wet verbied om studente te registreer wat nie
universiteitsvrystelling het nie. In die VSA, VK en elders bepaal
universiteite self wie hulle sal toelaat en wie nie.
b) Vir kursusse waarvoor daar groot aanvraag is, moet hulle 'n goeie punt
ook hê om in aanmerking te kom. As hulle wit is, moet hulle daarbenewens
ook ongeveer 20% hoër punt hê as 'n student wat nie wit is nie.

> Hulle moet seker Matriek eksamens skryf?

Ja. Hulle kan die eksamen van enige matrikulasieraad skryf wat deur die SA
Sertifiseringsraad (SAFCERT) erken word. Die meeste provinsies het elk sy
eie eksamenraad. Daarbenewens is daar ook 'n groeiende aantal onafhanklike
sertifiseringsrade. Die een met die hoogste "status" is die IEB (Independent
examination board - die ou JMB). Nuwes wat tans begin funksioneer is die
ACE-skole wat hul eie sertifiseringsraad kry, soos ook die BCVO-skole, en 'n
nuwe groep in Durban, die Private Examination Board.

Een van die voordele van tuisonderwys is dat jy vry is om te kies watter
eksamenraad se eksamen jy wil aflê. (Jy kan selfs 'n buitelandse een kies
as jy wil). Dit is ook nodig om te onthou dat dit nie twaalf jaar neem om
voor te berei vir matriek nie. 'n Leerder wat 'n goeie algemene begronding
het kan dit in 'n jaar of minder doen. Jy kies jou eksamenraad. registreer
by hom, en berei voor vir sy eksamen. As jy wil, kan jy by 'n
korrespondensiekollege inskryf, wat jou kan help met die voorbereiding. Daar
is ook organisasies wat spesifiek op tuisonderwys ingestel is.

Baie tuisskolers kies 'n eksamenraad met 'n hoë status, soos die IEB.
Daardeur hoop hulle om te bewys dat hul kinders se onderwys van hoë
standaard is. Ek is nie so seker dat dit 'n wyse ding is nie.

Die feit is doodeenvoudig dat 'n matriek maar 'n swak aanduiding is van die
gehalte onderwys wat 'n mens ontvang het. Dit is wel waar dat matriekpunte
'n redelike voorspeller is van sukses op universiteit. Ons weet egter, op
grond van baie navorsing, dat sukses op universiteit geen voorspeller is van
beroepsukses of sosiale bydrae wat mense na hul universiteitsopleiding maak
nie.

Ek beveel dus aan dat mense hul kinders die beste onderwys gee wat hulle
kan - volgens hul eie oordeel, ervaring en waarneming, en om "matriek" te
ignoreer as 'n faktor. Wanneer 'n kind sou besluit dat hy/sy 'n matriek
nodig het om 'n bepaalde doel te bereik, kan mens 'n jaar of twee daaraan
afstaan om voor te berei vir die ding en dit te skryf. Ek sou mense dan ook
aanraai om die eksamenraad met die _laagste_ standaard te kies, sodat jy die
hoogste punt kan kry. Amptelik handhaaf die owerhede die fiksie dat alle
eksamenrade se standaard dieselfde is. Mens moet hierdie fiksie vir jou laat
werk. 'n Slaagpunt in 'n laestandaardeksamen tel, by universiteitstoelating
en elders, meer as 'n druippunt in 'n strawwe eksamen. Onderskeidings in 'n
laestandaardeksamen tel ook meer as B's of C's in 'n strawwe eksamen. Indien
nie, kan jy altyd "diskriminasie" skree.

Let wel: ek bepleit nie swak onderwys nie - teendeel. In elk geval, mense
wat hulle kinders tuis onderrig doen dit feitlik deur die bank terwille van
_beter_ onderwys. Wat ek probeer doen is om mense te speen van die idee dat
'n matriekeksamen 'n geldige kriterium is vir die gehalte onderwys wat 'n
kind ontvang (sien die aanhaling hieronder). Die matriekeksamen behoort, in
mens se opvoeding, 'n toevallige nuisance te wees - nie die bepalende faktor
nie.

> Of wat as hulle in
> 'n ander land wil studeer?

"Ander lande" is altyd gewillig om "foreign students" toe te laat, ongeag
hul "kwalifikasies" Die rede is eenvoudig. Betalende buitelandse studente
betaal veel meer as hul eie studente, en is dus gesog. In die algemeen sou
ek dieselfde strategie volg as vir 'n universiteit in SA - kry 'n matriek
met die hoogste punt op die sertifikaat, ongeag die "standaard|" van die
eksamen. Die bepalende faktor vir jou sukses by enige universiteit is die
deeglikheid van jou algemene en vakspesifieke agtergrond (selfs hieraan kan
jy lapwerk doen as dit nodig blyk), maar veral jou vermoë om selfstandig
en selfgerig te werk. Die laaste een is die deurslaggewende een.

As mens 'n bepaalde instelling of kategorie instellings in die buiteland in
die oog het, sou ek aanbeveel dat mens uitvind wat die normale
toelatingsvereistes van daardie instelling is, en daaraan voldoen. Dit mag
wys wees om 'n eksamen van die betrokke land of instelling af te lê. (En 'n
matriek in SA heeltemal te ignoreer.)

Dis nie net ek wat sinies is oor die matriekeksamen nie. Die Sunday Times :

As the young peope who passed the ... matric examinations in such
astonishing numbers celebrate their achievement it is necessary, at the rist
of seeming churlish, to warn them what adult society thinks of the shoddy
piece of paper they have earned.

Employers know that the so-called matriculants turned out by the ...
education system are likely, as often as not, to be illiterate, innumerate,
and ignorant, to lack work habits or the ability to think independently, to
be to be conformist and obedient, and skilled only in rote learning.

The universities know that the matric certificate is useless as a test of
ability to succeed; and they have devised their own means of selecting
students. It remains only for the universities to adopt a standard
scholastic achievement test to reduce the matric certificate to evidince of
incapacity.

This year, the manipulation of results has produced an incredible 97 percent
pass, and a crop of so-called super-matrics. Far from indicating exceptional
performance, this is simply evidence that more drastic manipulation than
usual was required to acieve the illusion of success which the authorities
prize above education. It is a wicked confidence trick of which the
matriculants are the innocent dupes.

Dit was redaksionele kommentaar deur die Sunday Times. Op die TRANSVAALSE
(wit!!) matriekuitslae in Desember 1991 - drie jaar _voor_ die NSA.!

> Jou boek?

Eintlik "boekie" (goedkoop band, piepklein oplaag.) Wat ek en my vrou
opgestel het - "Loaves for Life. Home education: a way to freedom and
equality". Ons moes iets uitkry om te reageer op die navrae wat ons skielik
in groot getalle uit en Engelssprekende gemeenskap gekry het (die ingelse is
steeds die meerderheid van die tuisskolers.)

Die boekie beskryf die verskillende maniere en benaderings wat in
tuisonderwys gebruik word - 'n baie wyer verskeidenheid as in institusionele
onderwys. Dit verskaf die resultate wat bereik word in tuisonderwys -
akademies, sosiaal ens. (O.a. lyk dit asof prestasieverskille tussen
geslagte en rasse in tuisonderwys aanmerklik kleiner is as in insitusionele
onderwys en die prestasie in die algemeen aanmerklik beter as in
institusionele onderwys - vandaar die subtitel.) Die situasie m.b.t.
wetgewing word verduidelik, en tips word gegee oor hoe om aan die gang te
kom en te bly.

Meeste van die inligting (behalwe die tips - en die gee ek graag) is
beskikbaar op die webb vir die wat wil snuffel.

Groete, Leendert
Vorige onderwerp: Geologie Beursaansoek
Volgende onderwerp: P W BOTHA Hoër skool - George
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Nov 15 17:51:52 MGT 2024