Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wou
wou [boodskap #125983] Sa, 18 Mei 2019 20:32
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18930
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
wou
Afbreking: wou




Selfstandige naamwoord: wou
Meervoud: woue

Betekenis:
• Roofvoël van die genus Milvus.

Gebruik:
• 'n Wou het dikwels 'n gevurkte stert.

Hiponiem:
• geelbekwou (Milvus aegyptius)
• swartwou (Milvus migrans)
• rooiwou (Milvus milvus)

Vertaling:
Engels: kite
Nederlands: wouw


Werkwoord: wil
Verlede tyd: wou
Verlede deelwoord: gewil

Betekenis:
• Die strewe/lus/wens/verlange/begeerte gehad het.

Gebruik:
• Ek wou vir jou 'n e-pos skryf, maar daar was nie tyd nie.

Spreekwoord:
• Ek wou deur die grond sink. [Ek was baie verleë en skaam.]
• Hy wou nie byt nie. [Hy wou nie saamstem nie.]

Vertaling:
Engels: wanted
Nederlands: wou

Nota:
• "Wou" is 'n hulpwerkwoord, die verlede tyd van "wil".

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bied
Volgende onderwerp: kuns
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 11:40:27 MGT 2024