Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » persoon
persoon [boodskap #125976] Sa, 18 Mei 2019 19:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
persoon
Afbreking: per•soon
Uitspraak: /pərˈsuə̯n/




Selfstandige naamwoord: persoon
Meervoud: persone
Verkleinwoord: persoontjie
Meervoud van verkleining: persoontjies

Betekenis:
• Lewende menslike wese; 'n indiwidu; man, vrou of kind.
• Taalkundige persoon (eerste, tweede en derde persoon).

Gebruik:
• Humor is subjektief, wat vir een persoon snaaks of lagwekkend is kan vir 'n ander persoon beledigend of aanstootlik wees.
• Voorbeelde van die eerste persoon is "ek" en "ons", van die tweede persoon "jy", "u" en "julle" en van die derde persoon "hy", "sy", "dit" en "hulle".

Spreekwoord:
• Klein van persoon, maar groot van patroon. [Iemand se verstand en bekwaamheid word nie na sy liggaamlike grootte beoordeel nie.]

Sinoniem:
• mens
• individu
• iemand

Vertaling:
Engels: person; actor, figure, appearance
Nederlands: persoon
Sotho: motho
Venda: muthu
Xhosa: umntu
Zoeloe: umuntu

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kilometer
Volgende onderwerp: ster
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 07:12:55 MGT 2024