Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » raad
raad [boodskap #125965] Sa, 18 Mei 2019 15:44
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18937
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
raad
Afbreking: raad




Selfstandige naamwoord: raad
Meervoud: rade
Verkleinwoord: raadjie
Meervoud van verkleining: raadjies

Betekenis:
• Advies; dit wat iemand vertel is om te doen of hoe om 'n probleem op te los.
• Groep mense wat iets bestuur of beheer; lede wat oor raadgewende of beslissende bevoegdhede beskik.

Gebruik:
• Sy is altyd gereed met goeie raad en advies.
• 'n Munisipale raad se termyn verstryk na 5 jaar.

Spreekwoord:
• Kom tyd, kom raad. [Na rype oorweging kan 'n mens dikwels die probleem oplos.]
• Met raad en daad bystaan. [Alle moontlike hulp verleen.]
• Geen daad of raad weet nie. [Nie weet wat om te doen of te sê nie.]
• Iemand se raad in die wind slaan. [Nie ag op iemand se raad slaan nie.]

Afgelei:
• beheerraad
• raadgewer
• raadpleeg
• raadsaal
• raadslid

Vertaling:
Engels: advice; councel, board
Nederlands: raad

Nota:
• Pas op om nie "raad" met "raat" (middel teen siekte) te verwar nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kleiner
Volgende onderwerp: bring
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 17:46:06 MGT 2024