Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wederregtelik
wederregtelik [boodskap #125960] Sa, 18 Mei 2019 13:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
wederregtelik
Afbreking: we•der•reg•te•lik



Byvoeglike naamwoord: wederregtelik
Vergrotende trap: wederregteliker
Oortreffende trap: wederregtelikste
Attributief: wederregtelike
Partitief: wederregteliks

Betekenis:
• (juridies) Wat teen die wet is; in stryd met die reg.

Gebruik:
• Hy het die geld wederregtelik bekom.
• Weens die ekstensiewe veeboerdery het verskeie boere wederregtelik die grense van die kolonie oorgesteek op soek na nuwe weiveld.

Sinoniem:
• onwettig
• onregmatig

Vertaling:
Engels: illegal
Nederlands: wederrechtelijk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: mesmeriseer
Volgende onderwerp: ofskoon
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 09:45:21 MGT 2024