Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » probeer
probeer [boodskap #125878] Do, 16 Mei 2019 10:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18916
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
probeer
Afbreking: pro•beer




Werkwoord: probeer
Verlede tyd: het probeer
Teenwoordige deelwoord: proberende
Verlede deelwoord: geprobeer, probeer

Betekenis:
• Kyk of 'n mens iets kan regkry, al is die uitkoms nie seker nie; 'n poging aanwend; 'n kans waag.

Gebruik:
• Iran word daarvan beskuldig dat hy probeer om kernwapens te ontwikkel.

Spreekwoord:
Probeer is die beste geweer. [Deur te probeer, bereik 'n mens jou doel.]
• Van 'n skilpad vere probeer pluk. [Die onmoontlike probeer doen.]
• 'n Ou voël met kaf probeer vang. [Probeer om 'n ervare persoon te kul.]
• Hy probeer appels vir vye verkoop. [Hy probeer iets aan my afsmeer met 'n kullery.]
• Sy probeer die oseaan leegdrink. [Sy probeer die onmoontlike doen.]
• Hy probeer mooi broodjies bak. [Iemand vlei om in sy guns te kom.]
• Sy probeer my stroop om die mond smeer. [Sy probeer my vlei.]
• Hy probeer 'n aal aan sy stert vang. [Hy probeer die onmoontlike doen.]
• Sy probeer vlieë met heuning vang. [Vleitaal gebruik om jou doel te bereik.]

Vertaling:
Engels: to try, attempt
Nederlands: proberen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: Romeinse
Volgende onderwerp: lei
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 08:31:33 MGT 2024