Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » rooi
rooi [boodskap #125857] Do, 16 Mei 2019 05:57
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Skakerings van rooi.
Skakerings van rooi.
rooi
Afbreking: rooi
Uitspraak: /roːɪ̯/




Byvoeglike naamwoord: rooi
Vergrotende trap: rooier
Oortreffende trap: rooiste
Attributief: rooie
Partitief: roois
Intensief: bloedrooi, skarlakenrooi, robynrooi, tamatierooi, vuurrooi

Betekenis:
• (kleur) Soos die kleur van bloed.

Gebruik:
• Sy het 'n rooi rokkie aan.

Spreekwoord:
• 'n Oulap se rooi maak mooi. ['n Bietjie rooisel aan 'n vrou se gesig laat haar mooi lyk.]
• Dis soos 'n rooi lap voor 'n bul. [Iets wat iemand briesend maak.]
• Oulap se rooi maak mooi. ['n Bietjie rooisel aan 'n vrou se gesig laat haar mooi lyk.]
• Rooi baard, duiwelsaard. [Iemand met 'n rooi baard word dikwels beskou as humeurig.]
• Sy bene begin rooi word. [Hy begin vryerig raak.]
• Sy hakskene word rooi. [Raak verlief/ begin na meisies kyk.]

Vergelyking:
• So rooi soos bloed.
• So rooi soos 'n kalkoen.

Hiponiem:
• donkerrooi
• ligrooi
• rooibruin

Afgelei:
• rooibok
• rooierig

Vertaling:
Engels: red
Nederlands: rood
Xhosa: -bomvu
Zoeloe: -bomvu

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: militêre
Volgende onderwerp: diens
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 19:24:04 MGT 2024