Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vader
vader [boodskap #125834] Di, 14 Mei 2019 20:33
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Vader groet sy seun.
'n Vader groet sy seun.
vader
Afbreking: va•der
Uitspraak: /ˈfɑːdər/




Selfstandige naamwoord: vader
Meervoud: vaders, vadere
Verkleinwoord: vadertjie
Meervoud van verkleining: vadertjies

Betekenis:
• (familie) 'n Manlike ouer; man wat een of meer kinders het.
• Persoon wat soos 'n vader sorg, in plek van 'n vader optree.
• Grondlêer; uitvinder; stigter; voorganger.

Gebruik:
• Abraham was die vader van Isak, Isak van Jakob, en Jakob van Juda en sy broers.
• Onse Vader wat in die hemele is, laat U Naam geheilig word.
• Andrew Smith word as die vader van dierkunde in Suid-Afrika beskou.

Sinoniem:
• pa
• papa

Antoniem:
• moeder

Spreekwoord:
• Die rondte van vader Cloete doen. [By almal aangaan en nie een oorslaan nie.]
• Eers kindjie sien, dan vader staan. ['n Saak eers steun wanneer jy meer daarvan weet.]

Vertaling:
Duits: Vater
Engels: father
Nederlands: vader

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: lede
Volgende onderwerp: god
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 09:51:53 MGT 2024