Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » beste
beste [boodskap #125823] Di, 14 Mei 2019 16:13
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18936
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
beste
Afbreking: bes•te
Uitspraak: /ˈbestə/




Byvoeglike naamwoord: goed
Vergrotende trap: beter
Oortreffende trap: beste
Attributief: goeie
Partitief: goeds

Betekenis:
• Oortreffende trap van goed; wanneer daar niks beters is nie.

Gebruik:
• Dit was een van die beste boeke wat ek nog gelees het.

Spreekwoord:
• Probeer is die beste geweer. [Deur te probeer, bereik 'n mens jou doel.]
• Ondervinding is die beste leermeester. [Die beste manier om iets te leer, is om dit self uit te vind.]
• As die son sak in die weste, is die luiaard op sy beste. [Gesê aan iemand wat eers in die laat middag met 'n ernstige of groot werk begin.]
• Die beste boer woon in die stad. [As iemand 'n werk nie self hoef te doen nie, weet hy dikwels as die een wat kan.]
• Die beste perd struikel ook wel. [Elkeen kan 'n fout begaan.]
• Die beste stuurlui staan aan wal. [Dis maklik om ander te kritiseer as jy jou nie in hulle posisie bevind nie.]
• Die beste touleier sit op die voorbok. [Dis maklik om ander te kritiseer as jy jou nie in hulle posisie bevind nie.]
• Tyd is die beste heelmeester. [Die tyd genees alles.]
• Honger is die beste kok. [Vir iemand wat honger is, smaak alles lekker.]
• Hy sit sy beste voetjie voor. [Baie moeite doen om 'n goeie indruk te maak.]
• Met die beste wil in die wêreld. [Hoe graag iemand ook al wou.]
• Moenie jou beste kaart eerste speel nie. [Moenie jou beste argument of grootste voordeel dadelik gebruik nie.]

Vertaling:
Engels: best
Nederlands: best


Selfstandige naamwoord: beste
Meervoud: bestes

Betekenis:
• Die persoon wat die beste in iets is.

Gebruik:
• Jy is die beste!

Vertaling:
Engels: best
Nederlands: beste

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sowel
Volgende onderwerp: tale
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 16:23:38 MGT 2024