Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » lid
lid [boodskap #125814] Di, 14 Mei 2019 06:33
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
lid
Afbreking: lid




Selfstandige naamwoord: lid
Meervoud: lede
Verkleinwoord: lidjie
Meervoud van verkleining: lidjies

Betekenis:
• Iemand wat aan 'n groep, vereniging, organisasie of sekte behoort; lidmaat.
• (anatomie) 'n Beweegbare deel van die dierlike liggaam; ledemaat (soos 'n arm of 'n been).

Gebruik:
• Hy is 'n lid van die kerkraad.
• Sy is so moeg, sy kan nie 'n lid verroer nie.

Homofoon:
• lit ('n deel van byvoorbeeld 'n vinger, riet, ens.)

Hiponiem:
• erelid
• gemeentelid
• personeellid
• polisielid
• spanlid
• stigterslid

Afgelei:
• lidmaat
• lidmaatskap

Vertaling:
Engels: member; limb
Nederlands: lid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: dele
Volgende onderwerp: lidmate
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 08:07:57 MGT 2024