Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » mekaar
mekaar [boodskap #125797] Ma, 13 Mei 2019 16:06
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18937
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
mekaar
Afbreking: me•kaar




Voornaamwoord: mekaar

Betekenis:
• Verwys na twee of meer mense of diere wat op dieselfde wyse handel.

Gebruik:
• Hulle is baie lief vir mekaar.
• Ons grawe vir uintjies en stoei met mekaar.

Spreekwoord:
• As twee hande mekaar was, word albei skoon. [Deur 'n ander te help, word 'n mens self gehelp.]
• Hulle kan nie met mekaar stryk nie. [Hulle kan nie met mekaar klaarkom nie.]
• Kraaie pik nie mekaar se oë uit nie. [Skelm mense doen mekaar gewoonlik nie kwaad nie.]
• Soos twee druppels water na mekaar lyk. [Presies eenders lyk.]
• Hulle sit mekaar in die hare. [Maak rusie met mekaar.]
• Hulle vlieg mekaar in die hare. [Begin hewig stry.]

Vertaling:
Engels: each other, one another
Nederlands: elkaar

Nota:
• Wederkerige voornaamwoord.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: belangrikste
Volgende onderwerp: gedoen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 19:35:28 MGT 2024