Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » dag
dag [boodskap #125773] So, 12 Mei 2019 19:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18937
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
dag
Afbreking: dag
Uitspraak: /dɑχ/




Selfstandige naamwoord: dag
Meervoud: dae
Verkleinwoord: daggie
Meervoud van verkleining: daggies

Betekenis:
• (tydrekening) Die tyd waarin 'n hemelliggaam om sy eie as draai (24 uur op die Aarde, van 00:00 tot 23:59).
• (tydrekening) Tyd tussen sonsop- en sonsondergang; daglig; sonlig.
• (astronomie) Elektromagnetiese straling van 'n son wat oor die helfte van 'n planeet val om lig en hitte te verskaf.

Gebruik:
• Neem die pille drie keer per dag.
• Ons het daai dag eers laat by ons bestemming aangekom.
• In die somer is dit al vroeg dag, maar in die winter word dit later lig.

Spreekwoord:
• Aan die dag bring. [Bekend maak.]
• Die dag kom uit die nag. [Na droefheid kom voorspoed.]
• Die een dag fees, die ander dag vas. [Spandabelrig wees.]
• Die een dag fiks, die ander dag niks. [Die een dag het hy iets en dan verloor hy weer alles.]
• Die een dag volop, die ander dag skoon op. [Spandabelrig wees.]
• Dis elke dag dieselfde ou deuntjie. [Dieselfde storie word tot vervelens toe herhaal.]
• Dis nie elke dag Sondag nie. ['n Mens kan nie elke dag rus nie.]
• Een mooi dag maak nie die somer nie. [n Mens veralgemeen nie n.a.v. [een geval nie.]
• Ek onthou dit soos die dag van gister. [Baie goed.]
• Elke dag het genoeg van sy eie kwaad. [Moenie jou oor die toekoms bekommer nie.]
• Elke hond kry sy dag. [Elkeen kry 'n beurt om teenspoed te kry.]
• Geluk is maar 'n dag lank. [Geluk is van korte duur.]
• Hulle verskil soos dag en nag. [Hulle is baie verskillend.]
• Hy is so eerlik as wat die dag lank is. [Volkome eerlik wees.]
• Hy werk dag en nag. [Gedurig.]
• Iemand se dag sal kom. [Iemand sal nog sy straf kry.]
• Moenie die dag voor die aand prys nie. [Moenie jou te vroeg oor iets verheug nie.]
• Môre is nog 'n dag. [Daar is geen haas nie, dit kan maar later gedoen word.]
• 'n Jakkals vang nie 'n skaap in die dag nie. ['n Skelm steel nie so dat hy maklik betrap word nie.]
• Rome is nie in een dag gebou nie. ['n Groot werk kom langsaam tot stand.]
• Van die nag 'n dag maak. [Laat bed toe gaan en laat opstaan.]
• Voor dag en dou. [Baie vroeg.]

Antoniem:
• nag

Hiponiem:
• dankdag
• doopsondag
• feesdag
• Kersdag
• lentedag
• markdag
• opedag
• Oukersdag
• vakansiedag
• verjaarsdag
• werkdag

Afgelei:
• dagaktief
• dagblad
• dagboek
• dagbreek
• dagdief
• dagdroom
• daglig
• daglumier
• dagreis
• dagsê
• dagskof
• dagsorg
• dagtaak
• dagtarief
• daguitstappie
• dagverblyf
• douvoordag
• goeiedag
• middag
• vandag

Verwant:
• bedags

Vertaling:
Engels: day
Nederlands: dag


Tussenwerpsel: dag

Betekenis:
• Ontmoetingsgroet of afskeidsgroet.

Gebruik:
Dag ou maat, hoe gaan dit met jou?
• Ek moet gaan. Dag!

Vertaling:
Duits: Tag, Tschüss
Engels: good day, hello, goodbye, bye-bye
Nederlands: dag


Werkwoord: dink
Verlede tyd: het gedink, dag, dog
Teenwoordige deelwoord: denkende
Verlede deelwoord: gedag, gedog, gedink

Betekenis:
• Onvoltooide verlede tyd van dink.

Gebruik:
• Ek dag dis al laat.

Vertaling:
Engels: to thought
Nederlands: dag

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: familie
Volgende onderwerp: inwoners
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 19:12:55 MGT 2024